Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kommer oor virus onder plaaswerkers aan Weskus

Die Wes-Kaapse regering sê hy is bewus van kommer oor die welstand van plaaswerkers aan die Weskus en lewer bystand aan plase om werkers teen die koronavirus te beskerm.

Die provinsiale departement van gesondheid het Vrydag gesê hy het sedert die begin van die pandemie gemeenskappe, insluitend plaasgemeenskappe, genader oor hoe om werknemers veilig te hou en die verspreiding van die virus te beperk.

Dit kom nadat die ANC en Good in dié streek hul kommer uitgespreek het nadat klagtes van plaaswerkers en inwoners ontvang is, veral oor ’n druiweplaas by Piketberg waar werkers glo in beknopte toestande slaap en vervoer word. Die plaasbestuur kon egter nie vir kommentaar bereik word nie.

Werkers pluk druiwe tydens parstyd. Foto ter illustrasie. Foto: Lerato Maduna

Volgens Sandra Maritz, woordvoerder van die departement, is daar tans tien aktiewe gevalle en was daar 22 in geheel.

“Vroeër in die pandemie het die departement die werkgewer raad gegee oor hoe om geriewe vir isolasie op die plaas op te rig. Toe kommer verlede week gelug is oor Covid-19 wat glo onder die werkers versprei, het ons weer die plaas besoek. Almal wat positief getoets is, was toe in isolasie.”

Die werkgewer het ook riglyne gekry om seker te maak dat mense wat in nabye kontak was met iemand wat positief getoets is, of op hul toetsuitslae wag, in kwarantyn geplaas word, sê Maritz.

“Die departement sal in verbinding bly met dié plaasgemeenskap om vinnig te reageer en raad te gee waar nodig.”

Die Wes-Kaapse departement van landbou het by navraag gesê ’n verteenwoordiger van sy afdeling vir landelike ontwikkeling aan die Weskus is gereeld in kontak met die distrik se gesamentlike bedryfsentrum en die munisipaliteit om toe te sien dat alle produsente en hul werkers die koronavirus-regulasies nakom.

Die Bergrivier-munisipaliteit, wat Piketberg, Velddrif en Porterville insluit, het tans op 509 die meeste aktiewe gevalle per 100 000 van die bevolking van alle sub-distrikte in die Wes-Kaap.

Teen Vrydag was daar 415 aktiewe gevalle teenoor 427 die vorige dag, volgens die Wes-Kaapse regering.

Dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het Dinsdag gesê die Weskus is die laaste distrik wat sy piek in die tweede vlaag van infeksies moet bereik, terwyl die res van die provinsie vroeë tekens van ’n afname toon.

Dit word daaraan toegeskryf dat die distrik met die aanvang van dié vlaag laaste was om ’n skerp styging in gevalle aan te teken.

Cloete het toe gesê die Weskus sal na verwagting sy piek teen die einde van die week bereik.

Meer oor:  Weskus  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Plaaswerkers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.