Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kommer styg saam met infeksies in Gauteng

Byna 70% van die 9 160 nuwe gevalle van Covid-19 wat Dinsdag landwyd aangemeld is, was in Gauteng.

Dit is volgens syfers van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Te midde van toenemende kommer oor die situasie, het pres. Cyril Ramaphosa ook vroeër gesê strenger maatreëls is nodig weens die huidige druk op die gesondheidstelsel van die land se ekonomiese enjinkamer.

Volgens die Gautengse gesondheidsdepartement word 5 252 mense tans in staats- en private hospitale in die provinsie behandel.

“Die kumulatiewe getal bevestigde Covid-19-gevalle in Gauteng was op 21 Junie 560 202. Altesaam 488 844 mense kon al van die virussiekte herstel en 12 170 sterftes is tot dusver aangemeld.”

Die grootste getal nuwe gevalle in die land is Dinsdag weer in Gauteng gerapporteer met 69% van die nuwe gevalle in die land wat daar aangemeld is. Die totale getal bevestigde Covid-19-gevalle in die provinsie het op 20 Junie op 553 908 gestaan teenoor 560 202 wat die volgende dag daar aangemeld is.

Volgens die gesondheidsdepartement het die meeste nuwe gevalle in die vorige 24 uur in Roodepoort, Constantiakloof, Northgate, Parktown, Florida en Bram Fischerville in Johannesburg voorgekom.

In die Tshwane-distrik word Atteridgeville, Laudium, die Pretoriase middestad, Hercules, Danville, Saulsville, Lotus en Pretoria-Wes as brandpunte beskou.

Emfuleni in Sedibeng asook Mogale City aan die Wes-Rand is ook as brandpunte geïdentifiseer.

Die meeste nuwe infeksies in Ekurhuleni is in Bedfordview, Benoni, Boksburg, Chief Albert Luthuli, Dan Kubheka, Edenvale, Endayeni, Esangweni, Itireleng, Kemston, Lethabong, Ramaphosa, Reigerpark en Van Dykpark gerapporteer.

Daar word voorspel dat daar tussen 65 000 en 70 000 aktiewe gevalle in Gauteng sal wees wanneer die provinsie teen die eerste week van Julie die kruin van die derde vlaag kan bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.