Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Korona: CTU verlaag premies met 35% in April

Taxi’s, busse en e-vervoerdienste soos Uber wat by CTU verseker is, se premies vir April is met 35% verlaag.

Die versekeringsonderskrywer het Vrydag die aankondiging gemaak in ’n poging om eienaars van die vervoermiddels tydens die Covid-19-pandemie en staat van inperking by te staan.

Die kortings kan moontlik ook vir Mei toegestaan word, afhangende daarvan of die staat van inperking langer as 21 dae duur.

Luidens ’n verklaring van die maatskappy sal geen inflasie-risikopremieverhogings vir April en Mei verwerk word nie, maar sal dit uitgestel word tot Junie.

“Die maatreëls is ingestel om die finansiële las wat Covid-19 op polishouers geplaas het, te verlig, terwyl ons steeds die nodige dekking bied,” luidens die verklaring.

Meer oor:  Koronavirus  |  Premies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.