Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Korona: Tweede sterfgeval in SA

Die departement van gesondheid het Sondagaand in 'n verklaring bevestig 'n tweede persoon in Suid-Afrika is dood weens die nuwe koronavirus.

Die oorledene is ´n 74-jarige man wat onlangs die Krugerwildtuin saam met sy familie besoek het. Hy het teruggekeer met griepsimptome en is op 27 Maart positief getoets vir Covid-19.

Die man was op asemhalingsmasjiene in die waakeenheid in 'n privaathospitaal in Ladysmith, KwaZulu-Natal.

“Daar is aan ons berig dat die oorledene 'n onderliggende velkankertoestand (melanoom) gehad het, wat reeds gekompliseerd was,” lui die verklaring.

Die man het die volgende simptome gehad: asemhalingsnood, kortasem, hartversaking, verminderde saturasie en sy temperatuur was bo 38 °C.

Sy familie, 14 gesondheidswerkers, insluitend drie spesialiste wat in aanraking was met die oorledene, is nou in kwarantyn en word gemonitor.

Die departement betuig sy innige meegevoel met die gesin en bedank die dokters en gesondheidswerkers wat na die pasiënt omgesien het tot sy afsterwe.

Madeleine van Wyk (48) van Kaapstad se noordelike voorstede, is die eerste Suid-Afrikaner wat aan Covid-19 dood is. Sy is Vrydagoggend in die Durbanville-MediClinic oorlede.

Stand van sake in Suid-Afrika

Daar is nou 1 280 koronagevalle in Suid-Afrika, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Sondagaand in die verklaring aangekondig.

In Gauteng is daar 584 gevalle, in die Wes-Kaap 310, KwaZulu-Natal 167, die Vrystaat 72, Noordwes 6, Mpumalange 11, Limpopo 12, Oos-Kaap 12, Noordkaap 6, nie toegewys 100.

Meer oor:  Koronavirus  |  Suid-Afrika  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.