Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Korona vermoedelik nou in SA buurland

Die eerste vermeende geval in Suider-Afrika van die nuwe koronavirus, Covid-19, is Vrydag in eSwatini (Swaziland) aangeteken.

Luidens ’n verklaring deur dr. Samuel Vusi Magagula, adjunkdirekteur van die departement van gesondheid in eSwatini, is die vermeende geval Vrydag by een van die land se gesondheidsfasiliteite aangeteken.

’n Woordvoerder van die noodweerstandseenheid van die departement het die voorval bevestig. Die pasiënt word tans onder kwarantyn in die staatshospitaal in Mbabane behandel terwyl toetse gedoen word om te bevestig of Covid-19 teenwoordig is.

Coronavirus
Die Coronavirus. Foto: WikiMedia Commons

Daar word vermoed die pasiënt het van China in Suid-Afrika aangekom voor die verdere reis na eSwatini.

Die aankondiging volg nadat Egipte die eerste land in Afrika was wat ’n geval van die dodelike virus by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aangemeld het.

Dit was die eerste bevestigde geval op die Afrika-vasteland sedert die virus in Desember in Wuhan, China, uitgebreek het.

Dít nadat die pasiënt op 6 Februarie in die land aangekom het ná ’n reis uit China.

Teen Saterdag was die dodetal van die dodelike virus 1 523, met meer as 66 400 gevalle wat in China aangemeld is, berig The Guardian.

Magagula sê die departement doen ’n beroep op almal wat onlangs na China gereis het – veral studente – om die land se noodnommer te skakel en dit aan te meld.

Hy sê die land is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en het voorkomingsmaatreëls aangekondig.

* Intussen is die eerste sterfgeval in Europa aangemeld nadat 'n Chinese toeris weens die virus gesterf het, het die Franse ministerie van gesondheid Saterdagmiddag bevestig.


Meer oor:  Swaziland  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.