Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Koronavirus: 20 Chinese in Namibië in kwarantyn

Namibië het Woensdag 20 Chinese burgers onder kwarantyn geplaas as voorsorgmaatreël teen die gevreesde koronavirus (Covid-19).

Dié mense werk op ’n granietmyn naby Karibib in die westelike Erongo-distrik, het The Namibian berig.

Tot dusver is daar nog geen bevestigde gevalle van Covid-19 in Afrika aangemeld nie.

Volgens dié aanlyn koerant het die mense einde Januarie via die Hosea Kutako-lughawe naby Windhoek die land ingekom. Hulle is daar vir die virus getoets, waar bevind is hulle is gesond en hoef nie in kwarantyn geplaas te word nie.

Kort ná hul aankoms by die myn is besluit om eerder nie kanse te waag nie en hulle is by een van die myn se kampe in afsondering geplaas.

Intussen het Celia Kauna, ’n verteenwoordiger van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) in Namibië, gesê dié geval is nog nie by hulle aangemeld nie.

“Ons wag nog vir die Namibiese ministerie om op ons navrae te reageer,” het Kauna gesê.

Tot dusver is daar nog geen bevestigde gevalle van Covid-19 in Afrika aangemeld nie.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdag ook bevestig dat daar nog geen gevalle van die virus plaaslik aangemeld is nie.

Sedert die uitbreking van die virus, is 95 moontlike gevalle getoets en almal was negatief vir Covid-19.

Die Nios sal ook nouer saamwerk met Afrika se Sentrum vir Siektebeheer, die WGO en Roche Scientific om nog opleiding aan ander Afrika-lande te gee vir die naspeuring van Covid-19.

Meer oor:  Namibië  |  Windhoek  |  Kwarantyn  |  Werk  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.