Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Koronavirus eis dokter
korona-virus
Gesondheidswerkers in beskermende klere meet die liggaamstemperatuur van reisigers wat van die Chinese stad Wuhan in Beijing aankom. Foto: AP

’n Dokter wat van die eerste pasiënte in China behandel het wat met die koronavirus (2019-nCov) besmet is, is intussen weens die virus dood.

Reuters berig Liang Wudong, ’n dokter by die Hubei Xinhua-hospitaal, is op die ouderdom van 62 oorlede. Die hospitaal is in China se Hubei-provinsie, die episentrum van die uitbraak.

Minstens 41 mense is reeds weens die virus dood en meer as 1 000 is in verskeie lande besmet nadat die virus versprei het. Die eerste pasiënt is op 31 Desember gediagnoseer.

China Global Television Network, China se openbare uitsaaier, het Saterdag op Twitter berig China se gesondheidskommissie sal 1 230 bykomende mediese personeel na die Hubei-provinsie stuur, waar die stad Wuhan die ergste geraak word.

Sowat 36 miljoen mense lewe glo in die betrokke stede, waarvan party openbare vervoer gestaak het.

Al Jazeera berig verskeie gesondheidsowerhede tree reeds op om ’n globale pandemie te verhoed. Voorvalle is al in Japan (2), Thailand (5), Suid-Korea (2), die VSA (2), Australië (1), Frankryk (3), Maleisië (3), Singapoer (3), Nepal (1) en Viëtnam (2) aangemeld.

Al Jazeera het bereken daar is sover 1 321 mense oor die wêreld heen met die korona-virus besmet.

Netwerk24 het vroeër berig die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) sê die kanse is skraal dat die virus na Suid-Afrika sal versprei. Die departement van internasionale betrekkinge in Suid-Afrika hou die situasie dop.

Korona is ’n virusfamilie wat van ’n gewone verkoue tot die ernstiger Mers (Midde-Oosterse respiratoriese sindroom) en Ears (ernstige akute respiratoriese sindroom) kan veroorsaak.

Die virus veroorsaak byna onmiddellike longontsteking. Van die simptome is koors, asemhalingsprobleme, hoes en verkoue

Meer oor:  China  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.