Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Koronavirus-man van KZN vas vir poging tot moord

’n Sakeman van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem omdat hy nie volgens instruksie onder kwarantyn gebly het nadat hy positief vir die koronavirus getoets het nie.

Volgens brig. Vish Naidoo ondersoek die polisie in Ladysmith nou ’n saak van poging tot moord teen die man.

“Die polisie in Ladysmith het op Dinsdag 24 Maart inligting ontvang oor die sakeman wat glo positief getoets het vir die virus, en wat daarna in kontak gekom het met ander mense in die omgewing,” sê Naidoo.

Hy sê die man is op 18 Maart positief vir die virus getoets en het opdrag gekry om vir 14 dae in self-isolasie deur te bring.

“Die man het voortgegaan om sy onderneming, ’n salon, te bedryf en het die instruksies van ’n dokter verontagsaam. Dit kom neer op ’n oortreding van die regulasies ingevolge die Wet op Nasionale Rampbestuur.

“Die 52-jarige man is hegtenis geneem en na ’n hospitaal gebring waar hy tans behandel word,” sê Naidoo.

Daar word steeds gesoek na die 27 mense wat in die salon in kontak met die man was.

Intussen het die minister van polisie, Bheki Cele, Woensdag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê mense moet hulle by die reëls hou tydens die nasionale staat van inperking wat van Donderdag om middernag geld.

“Enigiemand wat in stryd is met die reëls, sal vervolg word en sal ’n boete of tronkstraf opgelê word.”

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Sakeman Aangekeer  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.