Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Koronavirus: Meer as 65 000 gevalle wêreldwyd

Luidens die jongste beskikbare syfers het 65 191 mense wêreldwyd die nuwe koronavirussiekte, wat as Covid-19 bekend staan, opgedoen.

Daar is egter ’n bietjie goeie nuus. Minder mense is Donderdag in China aan die virus dood in vergelyking met die vorige dag en die passasiers aan boord van ’n plesierskip wat deur vyf lande toegang geweier is, is uiteindelik deur Kambodja toegelaat om van die skip af te klim.

Die gesondheidskommissie in China se Hubei-provinsie, waar Covid-19 uitgebreek het, sê 116 mense is deur die loop van Donderdag dood, terwyl 4 823 nuwe gevalle in die stad Wuhan, die middelpunt van die epidemie, aangemeld is.

CNN berig 36 719 pasiënte is tans in hospitale in Hubei opgeneem, waarvan 1 685 mense in ’n kritieke toestand is. Die wêreldwye dodetal staan op 1 486 nadat Japan Vrydag gesê het hulle het ook hul eerste geval gehad waar iemand weens Covid-19 dood is. Japan is nou die derde land buite China waar iemand aan Covid-19 dood is nadat die Filippyne en Hongkong ook elk een sterfte aangemeld het.

Intussen sit Japan ook met ’n plesierskip wat in die Jokohama-hawe lê, waar meer as 200 mense aan boord reeds positief vir Covid-19 getoets het. Die mense op die skip is op 3 Februarie in isolasie geplaas nadat ’n man aan boord positief vir die virus getoets het.

Japan gaan vandag van die bejaarde passasiers toelaat om die Diamond Princess-skip te verlaat.

Passasiers van die MS Westerdam wat Donderdag in Kambodja aangekom het, is uiteindelik toegelaat om van die skip af te klim nadat vyf lande die skip weggewys het nadat iemand aan boord simptome van die Covid-19 getoon het. Die passasiers moes twee weke lank van land na land vaar, sonder dat hulle enigsins van die skip af kon klim. Al die passasiers is vir die virus getoets en geen gevalle is bevestig nie.

Hoen Sen, Kambodja se premier, het die passasiers met ruikers rose ingewag nadat hulle in Kambodja aangekom het en hul hand geskud. – Reuters

https://www.reuters.com/article/us-china-health/china-coronavirus-deaths-slow-cruise-ship-disembarks-in-cambodia-idUSKBN20804J

https://edition.cnn.com/asia/live-news/coronavirus-outbreak-02-14-20-intl-hnk/index.html

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.