Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Koronavirus: Nog ’n boer in Kroonstad is positief getoets

Boere van Kroonstad in die Vrystaat is aangeraai om te let op moontlike simptome van Covid-19 nadat ’n boer wat op 24 Maart een van twee veilings in die dorp bygewoon het, positief getoets is.

Daar heers egter nou verwarring omdat Irma Geldenhuys gesê het haar man, Jan, en dié se broer, die oudrugbyspeler, Burger, was nie by die veiling nie.

Burger en Jan het positief vir Covid-19 getoets nadat hulle ’n gholfdag in die Noord-Kaap bygewoon het waarby Danie Gerber en nog oud-Bokke was.

Gerber was die eerste persoon wat by die gholfdag was wat positief getoets is.

Boere sê egter dat Burger die boer is wat positief getoets is na wie Moqhaka se gesamentlike operasiesentrum (GOS) in ’n teksboodskap verwys het.

Motsumi Dikeledi, ’n verteenwoordiger van die GOS, sê in die teksboodskap ’n boer wat positief getoets is, was op 24 Maart op ’n veiling en dat boere onmiddellik moet optree indien hulle enige Covid-19-simptome toon.

Twee afslaers het die dag veilings gehad.

Die Geldenhuys-broers boer buite die dorp.

Irma sê Burger was ’n dag in die hospitaal omdat hy erge diarree gehad het, maar sterk by die huis aan. Dit gaan goed met hulle albei, sê sy.

Mondli Mvambi, provinsiale gesondheidswoordvoerder, sê daar is net een positiewe Covid-19-geval in Kroonstad.

Dit is nie duidelik of Jan se uitslag nog nie deur die gesondheidsdepartement verwerk is nie aangesien hy ook positief getoets is.

Die Geldenhuys-familie het Donderdagmiddag gevra dat mense hul privaatheid respekteer.

* Hierdie berig is bygewerk nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.