Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Koronavirus: ‘SA het nog nie rede tot kommer’ – Mkhize

Die departement van gesondheid sê hy sal nie die 35 Suid-Afrikaners in Wuhan in China na Suid-Afrika terugbring nie.

Die koronavirus het einde 2019 in dié stad uitgebreek en die dodetal in China het Woensdag tot 132 gestyg.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdag gesê daar is deurlopend kontak met die Suid-Afrikaners in Wuhan, en volgens die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) verkeer hulle nie tans in gevaar nie.

Mkhize het Woensdag in Sandringham, Johannesburg saam met dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, asook ander rolspelers soos die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) die land se planne vir die voorkoming, opsporing en behandeling van die dodelike virus bekend gemaak.

“Nog geen gevalle is in Suid-Afrika geïdentifiseer nie en ons monitor die situasie deurgaans,” het Mkhize gesê.

Hy het bevestig dat gevalle wel in Zambië en Etiopië ondersoek word.

Prof. Cheryl Cohen van Nios het gesê die WGO het versoek dat die instituut se laboratorium as verwysingslaboratorium dien vir alle monsters van die virus wat in Afrika gevind word.

Omdat die monsters hier getoets sal word, sal Suid-Afrika eerste weet as die virus op die vasteland uitbreek, het Mkhize gesê.

Opsporing

Die minister het gesê die belangrikste aspek in die opsporing en voorkoming van die virus is toegangsbeheer by die land se toegangspunte soos hawens, lughawens en grensposte.

Volgens hom word alle besoekers uit Asië, en veral China, hier ondersoek om te verseker dat hulle nie die virus onder lede het nie. Dit word as volg gedoen:

  • Een van die simptome is hoë koors. Besoekers se koors word dus gemeet. Enige toeris wat siek voorkom, word ook ondersoek. Indien die vermoede bestaan dat die pasiënt die virus het, sal Nios dadelik in kennis gestel word.
  • Gesondheidsamptenare doen op elke internasionale skip of vliegtuig inspeksie om te bepaal of enigiemand aan boord siek is. Indien ’n toeris aan boord op pad na Suid-Afrika siek raak, sal die amptenare in die hawe of lughawe in kennis gestel word. Die betrokke toeris sal dadelik met sy/haar aankoms ondersoek word. Die kontakbesonderhede van ander toeriste wat met dié toeris in aanraking was, word ook verkry om op te volg of hulle later enige simptome toon.
  • Bykomende personeel is op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg ontplooi. Enige toeris wat van China af kom, word gevra om ’n vraelys in te vul.

Voorkoming

Mkhize het gesê mense wie se immuunstelsel reeds verswak is, is veral kwesbaar vir die virus. “Dit is ’n opportunistiese virus.” Hy het die volgende wenke verskaf:

  • Vermy kontak met mense wat respiratoriese simptome toon.
  • Was gereeld jou hande, veral as jy siek mense besoek of besoek het.
  • Vermy kontak met diere in China.
  • Hou jou neus en mond toe met ’n sanitêre voorwerp soos ’n sakdoek as jy nies of hoes, en deel jou reisplanne of -geskiedenis met jou dokter.

Behandeling

Volgens Mkhize is talle plaaslike hospitale reeds op ’n gereedheidsgrondslag geplaas. Dit sluit die Charlotte Maxeke-, Tembisa- en Steve Biko-hospitale in Gauteng in.

Wanneer ’n persoon die virus opdoen, word hulle dadelik onder kwarantyn geplaas.

Volgens Cohen is daar nie nog nie ’n kuur vir die virus nie, en dit word eerder simptomaties behandel.

LEES OOK ONS IN DIEPTE-VERSLAG:

Koronavirus: Rede tot kommer vir SA?

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  China  |  Wuhan  |  Sa Burgers  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.