Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Koronavirus: Vrou in Namibië toets negatief

Die 30-jarige vrou wat in Namibië vir die nuwe 2019-koronavirus (2019-nCoV) getoets is, het dit nié onder lede gehad nie, sê Kalumbi Shangula, die land se minister van gesondheid.

Dié vrou, wat volgens The Namibian verlede week in die distrikshospitaal in Swakopmund opgeneem is met ’n hoofpyn, ’n loopneus en ’n hoes, was onlangs op ’n vlug saam met Chinese en ander Asiate.

Volgens Shangula het die vrou Namibië via die Hosea Kutako-lughawe by Windhoek binnegekom, waar sy vir die virus geskandeer en skoon verklaar is. Die vrou het in Khomasdal in Windhoek gebly en verlede Donderdag na Swakopmund gereis. Sy is Vrydag in die distrikshospitaal opgeneem.

Shangula het Woensdag op ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê haar monsters, wat vroeër na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Johannesburg gestuur is, het negatief getoets.

’n Chinese burger wat op 18 Januarie uit China teruggekeer het, het ook negatief vir die virus getoets. Volgens hom het die Chinese burger geen simptome van die virus getoon nie, maar plaaslike dokters het besluit om hom nogtans te laat toets.

Passasiers dra maskers om die verspreiding van die koronavirus te voorkom in ’n hoëspoedtrein in Hongkong.Foto: Reuters

Volgens Shangula het Namibië tot dusver geen bevestigde gevalle van die koronavirus nie.

“Ek moet beklemtoon dat hierdie persoon op die Hosea Kutako-lughawe geskandeer en virusvry verklaar is. Dit wys dus dat ons skandeerproses op die lughawe doeltreffend werk en dat daarop staatgemaak kan word.”

* Botswana het intussen vyf vermeende gevalle van die koronavirus aangeteken. Teen Donderdagmiddag was daar nog geen bevestiging dat hierdie mense wel die koronavirus onder lede het nie.

Volgens die SAUK het Botswana se ministerie van gesondheid die vyf mense geïsoleer terwyl daar op hul toetsuitslae gewag word.

Botswana se ministerie van gesondheid sê die monsters is na die laboratorium in Suid-Afrika gestuur. Die betrokke persone het simptome van die virus getoon, wat koors, hoes, uitputting en hoofpyne insluit.

The Guardian berig dat daar tot dusver nog geen geverifieerde besmetting van die virus in Afrika aangemeld is nie, maar ’n voortdurende stroom van reisigers oor swak beheerde grense en gesondheidsorgstelsels met gebrekkige hulpbronne wek kommer dat die virus vinnig kan versprei as Afrika-owerhede se voorsorgmaatreëls onvoldoende blyk te wees.


Meer oor:  Windhoek  |  Negatief  |  Koronavirus  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.