Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kragkrisis in Boshof raak siekes, inwoners én sakelui

Siek mense in Boshof se lewe word bedreig omdat medisyne soos insulien weens ’n dae lange kragprobleem nie koud gehou kan word nie en “afgaan”, sê ’n dokter op dié Vrystaatse dorp.

Dr. Claudette Jansen van Vuuren. Foto: Facebook

Dr. Claudette Jansen van Vuuren sê die kragprobleem het ontstaan nadat ’n hoogspanningskabel gebrand het en dit nie vinnig herstel kon word nie.

Dit is omdat sekere kontrakteurs glo nie bereid is om vir die Tokologo-munisipaliteit te werk nie weens sy beweerde wanbetaling aan kontrakteurs.

Boshof, Dealesville en Hertzogville word deur dié munisipaliteit bedien.

Jansen van Vuuren het gehoor dat ’n plaaslike elektrisiën uiteindelik bereid was om die kabel teen R16 000 te las, wat ’n tydelike oplossing is omdat die munisipaliteit glo nie geld het om dit te vervang nie.

Jansen van Vuuren sê teen Woensdag 11:00 was haar praktyk reeds 39 uur sonder krag. Van haar pasiënte gebruik suurstoftenks.

“Vra ek die munisipaliteit om hulp, wil hulle weet waar my rugsteun-kragopwekker is.”

Jansen van Vuuren sê van die inwoners het met hul yskaste op bakkies na dele van die dorp wat wel krag het, gery en dit daar by mense ingeprop sodat hul kos nie vrot word nie.

Sy sê sakelui kla steen en been dat hulle geen sake sonder krag kan doen nie en van die ondernemings was twee dae gesluit.

Connie Greyling, ’n sakeman, het Woensdag gesê sakelui is baie gefrustreerd.

“Ek en my dogter het drie sakeondernemings in een gebou, maar kan nie sake doen sonder krag nie.

“Dit gaan reeds taai op die platteland weens die droogte. As dit met die boere moeilik gaan, trek ons ook swaar. Nou is dit nog die kragprobleem ook.”

Maar ek het vir hulle gesê dit is ’n tydelike oplossing, want die draad is baie swak.

Hy sê die munisipaliteit kommunikeer nie deeglik met die inwoners nie en hulle weet nie wanneer hulle weer krag gaan hê nie. “Ons sit maar in die duisternis en wag.”

Greyling sê daar is mense wat drie skape voor Kersfees en Nuwejaar gekoop het en nou werk hul vrieskaste nie.

“Kragopwekkers kos hulle R500 per dag.”

Bennie Erasmus, die plaaslike elektrisiën, het Woensdagmiddag gesê hy wag nog op twee onderdele. Die kabel sal teen Woensdagmiddag laat gelas wees.

“Maar ek het vir hulle gesê dit is ’n tydelike oplossing, want die draad is baie swak. Dit kan 20 jaar hou of dalk net twee weke. Ek het vir die munisipaliteit gesê dit sal in sy geheel vervang moet word, maar nou weet ek nie of hulle geld hiervoor het nie.”

Caswell Tlhokwe, kommunikasiebestuurder van Tokologo, sê hulle moes eers die regte voorkeuraankopeprosesse volg voordat hulle die dienste van ’n kontrakteur kon bekom.

“Die kontrakteur is besig om aan die probleem te werk en ons is seker dat dit binnekort iets van die verlede sal wees.”

Meer oor:  Kragkrisis  |  Boshof  |  Sakelui  |  Inwoners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.