Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kruger se gemeenskappe met pakkies vergoed
“Inwoners” van die Kruger Nasionale Park kom kyk waar al die besoekers dan deesdae is.

Kospakkies en watertenks is Vrydag uitgedeel aan kwesbare gemeenskappe in Limpopo en Mpumalanga wat aan die Krugerwildtuin grens.

Barbara Creecy, minister van omgewing, bosbou en visserye, het dié inisiatief van Sanparke gelei. Daar is 1 500 pakkies uitgedeel.

Die pakkie het ’n koekie seep, skoonmaakprodukte, maskers en kruideniersware ingesluit.

“Weens die nasionale Covid-19-inperking het toerisme, wat die hoofbron van inkomste vir dié gemeenskappe is, opgedroog.”

Dit het die welstand van die gesinne geraak en dit is waarom hulle besluit het om dié mense se nood te help verlig.

Die meeste, indien nie alle, nasionale parke is geleë in landelike gebiede wat geraak word deur armoede, werkloosheid en ’n reeks ander sosio-ekonomiese probleme.

Dié mense steun op die nasionale parke vir hul oorlewing, of dit nou deur werk of sakegeleenthede is, het sy gesê.

“In dié tyd moet almal saamwerk om die kwesbaarste lede van ons samelewing in ons land te help.”

Geld vir die inisiatief is verkry deur die Sanparke Honorary Rangers en die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP).

R6 miljoen sal gebruik word om kospakkies, higiëne-produkte, onderwysmateriaal en watertenks te koop. Dit sal 7 500 gesinne landwyd help.

Meer oor:  Barbara Creecy  |  Krugerwildtuin  |  Kospakkies  |  Gemeenskappe  |  Watertenks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.