Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kubaanse hulp: ‘SA moet eers sy eie dokters inspan’

Suid-Afrika moet eers al sy plaaslike dokters en mediese kundiges in die stryd teen Covid-19 inspan voordat hy hulp van die buiteland af inbring.

So sê die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) oor die aankoms van 217 Kubaanse gesondheidslui wat Maandag op versoek van pres. Cyril Ramaphosa in die land geland het.

Hoewel mediese kenners en politieke partye meen die Kubane sal ’n groot aanwins in die Covid-19-krisis wees, sê dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die SAMV, die Kubane se hulp is te vroeg ingebring.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in ’n video wat aan die media uitgereik is, gesê Suid-Afrika het toerusting aan Kuba geskenk in ruil vir hulp van die groep gesondheidslui.

Hoewel die SAMV niks teen die vaardighede van die Kubane het nie, meen Coetzee die regering moet in beginsel eers al sy plaaslike dokters en kundigheid benut.

“Ons het baie afgetrede dokters met hope ervaring wat in gekontroleerde omstandighede pasiënte kan sien. Hulle kan ook raad gee aan jonger dokters en hulle mentor,” sê Coetzee.

“Tot dusver het ons baie goed op ons eie reggekom om die pandemie in toom te hou, en ons is nog nie op die punt van ’n volskaalse uitbreking nie.

“Boonop verstaan die Kubaanse gesondheidslui nie Suid-Afrika se unieke gemeenskappe nie en het min ervaring om byvoorbeeld MIV- en TB-pasiënte te behandel,” sê Coetzee.

Meer oor:  Kuba  |  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.