Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kunstenaars, sportlui kry hulp van staat

Die departement van sport, kuns en kultuur het Woensdag R150 miljoen beskikbaar gestel aan kunstenaars en sportlui wie se brood en botter deur die Covid-19-pandemie geraak word.

Talle groot sportbyeenkomste soos die Twee Oseane-marathon, en kunstegebeure soos die KKNK, is reeds gekanselleer.

“Daar is geen ander departement wat so hard deur die virus getref word nie,” het Nathi Mthethwa, minister, Woensdag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.

Hy het ook gesê die verfilming van 25 televisieproduksies is reeds uitgestel of moet moontlik gekanselleer word, asook talle konserte waar plaaslike kunstenaars sou optree.

Mthethwa sê hoewel die kriteria vir wie hulp sal ontvang, nog nie gefinaliseer is nie, sal kunstenaars wat nasionaal of internasionaal ’n invloed het, voorkeur geniet.

Mthethwa sê hoewel die kriteria vir wie hulp sal ontvang, nog nie gefinaliseer is nie, sal kunstenaars wat nasionaal of internasionaal ’n invloed het, voorkeur geniet.

“Ons sal die opkomende kunstenaars vir die plaaslike regerings los. Die kriteria is nog nie heeltemal verfyn nie, maar ons sal ’n groep van legendes en jong kunstenaars saamroep om dit saam te stel.”

Die minister sê ook die departement sal produksies en konserte wat finansieel deur hom gesteun sou word, vooropstel.

Mthethwa sê die kunstebedryf sal nou ’n industriële revolusie moet deurgaan om sy voortbestaan te verseker. Hy het voorgestel dat konserte, toneelstukke en ander kunste-geleenthede aanlyn gestroom word.

“Ons sal alle speelvlakke (soos teaters) wat aan die departement behoort, gratis beskikbaar stel aan kunstenaars wat regstreekse aanlyn stromings wil doen.”

Die Nasionale Rolprent- en Video-stigting het onder meer R4,5 miljoen beskikbaar gestel vir jong, opkomende vervaardigers, asook R500 000 vir maatskappye wat reeds opdragte van dié organisasie ontvang het.

Mthethwa het gevra dat plaaslike inhoud voorkeur sal geniet.

Wat sport betref is Cecilia Molokwane, die president van Netbal Suid-Afrika, intussen ook positief getoets vir die koronavirus. Mthethwa het op ’n vraag hieroor gesê hy was nie in direkte kontak met haar nie, en hoef daarom nie getoets te word nie.

Op ’n vraag oor sportlui wat tans oorsee is, het die minister gesê dit kan later oorweeg word om hulle terug te bring na Suid-Afrika, maar van hulle is vasgekeer in lande in Europa waarvandaan alle vlugte opgeskort is.

Meer oor:  Kunstenaars  |  Korona  |  Sportlui  |  Geldelike Hulp  |  Korona-Hulp  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.