Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kuruman se polisiekantoor Vrydag gesluit

Die polisiekantoor in Kuruman is tydelik gesluit nadat ’n lid van die kantoor positief vir die koronavirus getoets is.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, word die kantoor net vir 24 uur gesluit sodat dit deeglik ontsmet kan word.

“Die lid is dadelik in selfisolasie geplaas en ander lede wat met die lid in kontak was, is onder selfkwarantyn,” sê Ramatseba.

Hy sê die ontsmettingsproses sal Vrydag afgehandel word en die polisiekantoor sal Saterdag weer oop wees.

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, provinsiale polisiekommissaris, het die inwoners van Kuruman verseker dat die polisie se dienste nie onderbreek sal word nie.

’n Mobiele eenheid is tydelik in gebruik geneem om die gemeenskap by te staan.

Die jongste beskikbare syfers toon die getal positiewe gevalle in die Noord-Kaap het Donderdag met 19 nuwe gevalle tot 318 gestyg.

Volgens die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het 128 mense reeds van die virus herstel en is een persoon aan Covid-19 dood.

Die volgende nuwe gevalle is in die onderskeie munisipale gebiede aangemeld:

• Sol Plaatje: 10

• Thembilihle: 2

• Umsobomvu: 1

• Kai !Garib: 2

• Dawid Kruiper: 1

• Khai-Ma: 1

• Ga-Segonyana: 1

• Gamagara: 1

Meer oor:  Polisiekantoor  |  Kuruman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.