Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kus-sypaadjies, promenades, wandelpaaie bly oop

Wandelpaaie soos Seepunt se promenade en die wandelpad langs die kus in die Strand en in Bloubergstrand bly oop, al blyk dit dat die nuwe regulasies dit verbied.

Regulasies is Maandag bygewerk om te spesifiseer dat ’n strand gedefinieer word as “die sanderige, klipperige of rotsagtige oewer tussen die hoogwatermerk en laagwatermerk, asook die eerste 100 m vanaf die hoogwatermerk, uitgesonderd private eiendom”.

Talle was bekommerd dat dié bywerking nou beteken dat plekke soos die promenade, wat binne 100 m van die hoogwatermerk geleë is, nou ook nie gebruik mag word nie.

Dié promenade en soortgelykes in die Strand en Bloubergstrand is gewilde plekke waar mense fietsry, draf en met hul honde gaan stap. Talle was bang dat hulle nou ook hierdie plesier ontneem word.

Die Kaapstad-metro volg ’n praktiese benadering deur nie harde oppervlakke langs die strande te polisieer nie. Ons herinner die publiek daaraan om asseblief net van die sandstrande af en uit die water te bly.

Maar Richard Bosman, Kaapstad-metro se hoof van sekerheid en veiligheid, sê: “Dit is nie prakties om hierdie spesifieke regulasie te interpreteer en toe te pas soos dit gepubliseer is nie, want dit beteken nie net die wandelpaaie of promenades moet gesluit word nie, maar ook alle hoofweë en ondernemings langs dié kusgebiede.

“Die Kaapstad-metro volg ’n praktiese benadering deur nie harde oppervlakke langs die strande te polisieer nie. Ons herinner die publiek daaraan om asseblief net van die sandstrande af en uit die water te bly.  

“Ons is verheug dat daar ’n hoë vlak van nakoming in hierdie verband blyk te wees. Waar personeel iemand vind wat dit nie nakom nie, vra hulle die persoon om daaraan te voldoen. 

“Indien iemand of ’n groep weier, sal daar soos uiteengesit in die Staatskoerant opgetree word.”

Mlungisi Mtshali, woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, het ook Woensdag gesê die 100 m-reël is nie van toepassing op die promenade nie.

“Dit is nie toe nie en dit was nog nooit toe nie. Byeenkomste op hierdie dele is egter steeds verbode. Mense mag ook nie op die sand of op die rotse sit en piekniek hou of wat ook al nie.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Promenade  |  Strande  |  Covid-19  |  Wandelpaaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.