Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: Honderde mense doen inkopies in Alexandra

Honderde mense het Vrydag geskarrel om inkopies te doen by verskeie winkels in Alexandra, Johannesburg.

Met Netwerk24 se besoek was verskeie winkels propvol gewees.

’n Polisiebeampte in Alexandra nadat honderde mense op winkels toegesak het. Foto: Felix Dlangamandla

In die Boxer-kruidenierswinkel op die hoek van Chadwick- en Eerstelaan was daar byna 400 mense gelyktydig binne gewees.

’n Soldaat in Alexandra verduidelik Vrydag aan ’n man presies waarom dit veiliger is by sy huis. Foto: Felix Dlangamandla

Weermaglede het mense beskaafd en vriendelik versoek om huis toe te gaan. Hulle het ook aan ma’s met babas verduidelik dat dit onveilig en onnodig is om hul kinders aan die koronavirus bloot te stel.

’n Soldaat Vrydag in Alexandra, Johannesburg. In die agtergrond is die baie mense wat wag om inkopies te kan doen. Foto: Felix Dlangamandla

Die winkeleienaars in die omgewing is aangesê om maatreëls in te stel om minder mense op ’n slag in te laat.

Meer oor:  Alexandra  |  Inkopies  |  Koronavirus  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.