Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: Kapenaars kóóp voor inperking begin

Skoonmaakmiddels. Blikkieskos. Huishoudelike produkte.

Dit is die items wat mense Dinsdag gekoop het by winkels in Kaapstad nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het die land betree Donderdag om middernag ’n staat van inperking.

Talle mense was ook bekommerd oor hul ondernemings en sê hulle is onseker oor wat vir die land en hulle as individue voorlê. “Ek het ’n paar ondernemings wat bemarking en verkope van versekeringsdienste doen,” sê Jaco Venter van Table View Dinsdag voor die deur van Makro in Milnerton.

Jaco Venter van Table View.Foto: Adrian de Kock

“Dit kan moontlik vir my span moeilik wees omdat hulle hul werk van aangesig tot aangesig doen.”

Venter sê hy en sy mede-eienaar sal alles in hul vermoë doen om hul werknemers te help.

“Baie mense sal nou deur ’n moeilike tyd gaan en ons moet hulle ondersteun.”

Nomonde Keswa van Bothasig.Foto: Adrian de Kock

Nomonde Keswa van Bothasig sê sy is ’n pensioenaris en moet kontrakwerk doen om genoeg geld te hê om haarself te onderhou.

Fiasal Mazhar van Kaapstad.Foto: Adrian de Kock

Fiasal Mazhar van Kaapstad sê hy het net normale huishoudelike inkopies gedoen en nie ’n klomp goed aangekoop vir die tyd wat hy geïsoleer gaan wees nie.

“Ek werk al byna twee jaar lank van die huis af, so ek dink nie ek hoef enigiets anders as gewoonlik te koop nie. Ek gaan net binne bly en nie veel doen nie.”

Ene Maria het ook ’n masker op. Sy verkies om nie haar van bekend te maak nie. Foto: Adrian de Kock

Maria, wat nie haar van wou bekend maak nie, sê sy gaan nie haar huis verlaat nie.

“Ek is net hier om genoeg kosvoorraad te kry sodat ons so min as moontlik hoef uit te gaan en veilig kan bly.”

Carika Bester van Milnerton sê sy woon op ’n skaapplaas en sal hoofsaaklik blikkieskos en skoonmaakmiddels koop. “Maar ek weet regtig nog nie. Ek vat elke dag maar soos wat dit kom.”

Meer oor:  Milnerton  |  Koronavirus  |  Inperking  |  Blikkieskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.