Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: LUR reageer ná skokvideo oor KZN-hospitaal

Haar departement doen reeds regstellende stappe by die hospitaal in KwaZulu-Natal waar ’n video gemaak is wat die haglike omstandighede daar uitbeeld, sê Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal.

Die beeldmateriaal is glo in die Wentworth-hospitaal in Durban opgeneem en toe wyd op sosiale media versprei.

“Ons veroordeel die verfilming en verspreiding van videomateriaal van pasiënte in die sorg van die departement sonder hul toestemming ten sterkste.”

Die haglike situasie in ’n Durbanse hospitaal wat wyd op sosiale media gedeel is in ’n video. Foto: Skermgreep/Facebook

Sy sê hulle is besorg oor die omstandighede wat gelei het tot die situasie en hulle ondersoek die kwessie.

“Ons het die afgelope naweek bewus geraak van die video en onmiddellik ’n afvaardiging van bestuurders uit die hoofkantoor gestuur om uit te vind wat gebeur het en om oplossings vir die situasie te soek.”

In die video kan ’n mens sien hoe ’n vrou wat sukkel om asem te haal, om hulp smeek sonder dat daar ’n gesondheidswerker in sig is. Talle ander pasiënte lê op die vloer.

Die bejaarde vrou skree sy kan nie kan asemhaal nie.

“Kry my asseblief hier uit.”

Die persoon wat die video neem, sê dan: “This is f****** bull****” en dat hy dit op sosiale media gaan plaas.

Simelane-Zulu sê hulle kon vasstel die pasiënte in die video was in ’n vertrek vir mense wat wag op uitslae nadat hulle vir Covid-19 getoets is.

“Op daardie dag het die hospitaal besonder baie pasiënte ontvang.”

Sy sê 11 dokters was in daardie stadium in isolasie nadat hulle positief getoets is vir die virus.

“Nog 17 verpleërs was weens Covid-19 nie by die werk nie. Ses verpleërs was dus in beheer van die ongevalle-eenheid asook ’n saal met 28 beddens.

Ons het ’n ernstige pandemie op hande, wat nou ons eie toedoen is.

Die hospitaal is bygestaan om te verseker dat dit reg bestuur word.

Daar is onder meer plek gemaak vir meer beddens en baie van die pasiënte is na die Clairwood-hospitaal gestuur.

“Ons glo vas die beskikbaarheid van Covid-19-sneltoetse sal die wagtydperk van pasiënte verkort.

“Ons het ’n ernstige pandemie op hande, wat nou ons eie toedoen is.”

Die DA het vroeër ’n beroep op Simelane-Zulu en Sandile Tshabalala, departementshoof, gedoen om ’n dringende ondersoek van stapel te stuur.

Rishigen Viranna, DA-LP, sê die party is geskok oor die video.

“Hoewel ons verstaan dat die KwaZulu-Natalse gesondheidstelsel tans oorlaai is, is die toestande en die gebrek aan pasiëntesorg totaal onaanvaarbaar, onmenslik en moontlik ongrondwetlik.”

As die LUR en haar departement nie dringend ingryp nie, sal die DA verplig wees om die saak na die gesondheidsombudsman te neem vir ’n ondersoek, het Viranna gesê.

Meer oor:  Hospitaal  |  Kwazulu-Natal  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Skokvideo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.