Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: Oos-Kaap kry 52 militêre mediese personeel

’n Span van 52 militêre gesondheidsorgwerkers word Maandag in die Oos-Kaap ontplooi om bystand te lewer aan die provinsie se “gesondheidstelsel wat oorweldig” is.

Die groep van 35 militêre verpleegsters, 12 dokters en vyf kliniese assistente het Sondag van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria na Port Elizabeth gevlieg.

Die stap kom nadat Oscar Mabuyane, die Oos-Kaap se premier, Dinsdag namens die provinsiale Covid-19-bevelsraad ’n beroep vir mediese versterkings gedoen het. Hy het ten tyde terugvoering gebied oor die bevelsraad se werk gedurende die pandemie en gesê, “in die lig van ons gesondheidstelsel wat oorweldig is, het ons ’n beroep op die nasionale regering gedoen om die mediese span van die Suid-Afrikaanse Weermag te ontplooi om ons te help met die gesondheid ingryping van ons strategie.”

In die Oos-Kaap is 34 161 gevalle aangemeld van mense wat die koronavirus opgedoen het en 490 mense is in dié provinsie aan die virussiekte dood. Bykans 19 000 mense het van die virus herstel.

Die afgelope paar weke is daar vanuit verskeie oorde, insluitende die provinsiale regering, kommer uitgespreek oor die stygende getal infeksies, asook die tempo waarteen hospitaalbeddens met Covid-19-pasiënte opvul.

Militêre gesondheidsorgwerkers Sondag by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria onderweg na Port Elizabeth waar hulle Maandag as ondersteunende hulp aan die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement ontplooi sal word. Foto: Felix Dlangamandla

Hoewel die Oos-Kaap se eerste veldhospitaal in Port Elizabeth, wat 1 485 pasiënte kan akkommodeer, nou ingebruik is, het prof. Lungile Pepeta, dekaan van die fakulteit vir gesondheidswetenskappe aan die Nelson Mandela-Universiteit, vroeër gewaarsku dat genoegsame mannekrag vir die bestuur van bykomende gesondheidsgeriewe binnekort ’n probleem sal word.

Mvusiwekhaya Sicwetsha, Mabuyane se woordvoerder, het Sondag gesê die premier verwelkom die spoedige reaksie op hul versoek.

Meer as 800 mediese werkers is in sowel die staat- as private gesondheidsgeriewe positief getoets vir die virus, waarvan die meerderheid nog in isolasie is.

Sicwetsha sê die bykomende mannekrag van die weermag sal verligting bring teen die groeiende druk op die provinsie se gesondheidstelsel, asook waar gesondheidswerkers in isolasie is.

Mabuyane sal na verwagting Maandag aankondig by watter hospitale die spanne ontplooi sal word, maar die sogenaamde brandpunte sal waarskynlik voorkeur geniet.

Die brandpunte is volgens Sicwetsha in die Nelson Mandelabaai-metro (9 018 gevalle), Buffalo City-metro (7 654 gevalle) en die OR Tambo-distriksmunisipaliteit (5 747 gevalle).

Luidens ’n verklaring van die weermag sal die gesondheidswerkers hul ondersteunende dienste in die Oos-Kaap lewer vir solank as wat hul hulp deur die provinsiale regering benodig word.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.