Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: Operation Smile gee meer as 100 rede om te glimlag

Operation Smile Suid-Afrika vier Vrydag op Wêreldglimlagdag die meer as 100 gratis gesplete lip- en verhemelte-operasies wat hulle vanjaar moontlik gemaak het.

Die operasies, wat minder as 45 minute duur, is gedoen op volwassenes en kinders van Suidelike Afrika.

Operation Smile, ’n internasionale liefdadigheidsorganisasie, probeer om soveel moontlik mense te help en hulle hoop vir ’n beter lewe te gee.

Operation Smile Suid Afrika het vandeesweek op die Kleinbaai-strand, Kaapstad, byeengekom waar die sandbeeldhouer Katlego Maboe (middel) die reuse-glimlag gemaak het. Michael Myekwa (links) en Jarrad Ricketts was deel van die vrolike geleentheid. Foto: Adrian de Kock

Die span het Donderdag op die Kleinbaai-strand in Bloubergstrand, Kaapstad, byeengekom waar hulle saam met Michael Myekwa, ’n sandbeeldhouer, ’n glimlag-beeld van 2 m x 2 m gemaak het, luidens ’n verklaring.

Katlego Maboe, mede-aanbieder van Expresso, en die sanger Jarrad Ricketts het by die span aangesluit.

Met ’n Suid-Afrikaanse span van 120 praktiserende mediese vrywilligers en 350 gesondheidsorgwerkers en vakleerlinge is Operation Smile onder meer betrokke by projekte in Mosambiek en eMalahleni, Mpumalanga.

Een uit elke 1 000 duisend babas in Afrika het ’n gesplete lip of verhemelte. Dit is die derde algemeenste geboortedefek wêreldwyd.

Van die gevolge is gehoorverlies en dat slagoffers sukkel om te praat, eet, drink en asem te haal. Hulle ly dan ook aan wanvoeding en het sielkundige probleme.

“Om pasiënte te werf wat behandeling nodig het, is nie ’n maklike proses nie. ’n Gebrek aan bewustheid van die chirurgiese opsies, finansiële probleme en die stigma wat steeds daaraan kleef, is steeds groot hindernisse vir diegene wat hulp nodig het,” sê Lauren Bright, ’n Operation Smile-bestuurder, in die verklaring.

“Om 110 pasiënte vanjaar op ons Mosambiekse missie te kon ondersoek met ’n span wat slegs uit vrywilligers bestaan, is ’n reuse-prestasie en gee ons hoop dat die bewustheid van veilige rekonstruktiewe chirurgie toeneem.”

Bright sê dit is veral nodig om die stigma rondom die toestand uit die weg te ruim omdat mense bygelowe het.

“Op ons onlangse besoek aan Nampula (Mosambiek) het die ma van ’n pasiënt onthul dat haar familielede haar kind lewendig wou begrawe omdat sy as ’n teken van teenspoed beskou is.”

Hy het ook verwys na hoe belangrik postchirurgiese behandeling is. Chirurgie herstel die fisieke gebrek, maar rehabilitasie is noodsaaklik om mense weer in hul gemeenskappe te help vestig, sê Bright.

“Om ’n glimlag op iemand se gesig te sit, is dalk ’n eenvoudige ding, maar dit het die grootste invloed,” sê Maboe.

Pritika Swarup, Operation Smile se ambassadeur, het die projek ondersteun deur skole in Khayelitsha en Langa in Kaapstad te besoek, asook om saam te gaan Mosambiek toe.

Operasies word van 7 tot 11 November in eMalahleni op 30 pasiënte gedoen wat reeds op die keuringslys is. Pasiënte wat operasies in Februarie vanjaar ondergaan het, sal ondersoek word.

Meer oor:  Gesondheid  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.