Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: Plaaswerkers se nee vir inenting 'is risiko vir produksie'

As plaaswerkers skepties gaan wees oor die Covid-19-entstowwe sal hulle nie die inenting wil hê nie. Dit kan lei tot voedselonsekerheid as hulle dan besmet sou word.

Billy Claasen (48), hoof van die Landelike en Plaaswerker-ontwikkelingsorganisasie, is Woensdag met die Johnson & Johnson-entstof ingeënt in ’n poging om ander plaaswerkers aan te moedig om ook vir inenting te gaan.

Claasen sê hy ervaar dat daar huiwering onder plaaswerkers is oor die inenting.

“Hulle glo stories dat sommige mense siek geraak het weens die entstof en ander dood is daaraan,” sê Claasen.

Billy Claasen (48), hoof van die Landelike en Plaaswerker-ontwikkelingsorganisasie. Foto: Facebook

“Dit is almal se reg om hulle te laat inent of nie, maar ek raai veral plaaswerkers aan om ingeligte besluite te neem op grond van geldige inligting oor die entstowwe.”

Claasen meen as een plaaswerker die koronavirus opdoen kan dit katastrofiese gevolge op plase en in boorde inhou waar plaaswerkers naby aan mekaar werk.

“Hierdie mense werk met ons voedsel en as hulle nie kan werk nie, kan dit voedselsekerheid in gedrang bring,” sê hy. “Dit is dus van kardinale belang dat hulle wel registreer en ingeënt word.”

Claasen sê plaaswerkers moet ophou om samesweringsteorieë oor die entstowwe te glo.

“Daar was destyds ook samesweringsteorieë oor die polio-entstof en dit het oorgewaai. Nou aanvaar mense die entstof,” sê Claasen.

Hy sê plaaswerkers moet ophou glo wat hulle op Facebook lees.

“Mense laat hulself te veel deur ander lei. En die ander wat hulle lei is nie noodwendig mense met kennis nie.

“Ent jouself in om jou veilig te hou, asook jou familie en die plaas waar jy werk,” sê Claasen.

Meer oor:  Inenting  |  Plaaswerkers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.