Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: Skok oor geen personeel in Covid-saal, pasiënt dood

Skaars vyf uur nadat ’n man van De Aar ’n video van ’n verlate Covid-19-saal waar sy pa stoksielalleen sonder enige mediese personeel in sig gelê het, is sy pa dood.

Willie van Syfer Foto: Facebook

Die video wat Anthony van Syfer Saterdag omstreeks 07:50 in die De Aar-hospitaal se Covid-19-saal van sy pa, Willie van Syfer (75), geneem het, is sedertdien wyd op sosiale media gedeel. Sy pa is Sondagmiddag ná 14:00 dood. 

Willie en sy vrou, Aloma (75), is Woensdag verlede week positief vir die koronavirus getoets.

Aloma sterk tuis aan, maar Willie is Vrydag in die vroeë oggendure weens ’n gebrek aan suurstof in die hospitaal opgeneem.

Hy was al pasiënt in die hospitaal se Covid-saal, sê sy seun.

Anthony sê hy het Saterdagoggend vir sy pa kos geneem. Sy pa, wat niks vir homself kon doen nie, is vir sowat ’n uur alleen gelaat.

Volgens hom het die dagpersoneel teen 08:00, sowat ’n uur nadat hul skof begin het, nog nie vir werk opgedaag nie.

Ons as familie is gebroke. Daar is nie woorde om te beskryf hoe ek en die breër familie voel nie.

Volgens Anthony is hy omstreeks 07:15 deur die nagpersoneel meegedeel dat hulle huis toe gaan omdat hul vervoer vir hulle wag.

Hy sê met sy aankoms by die saal is hy toegelaat om sy pa te sien. Sy pa was honger en het hy sy pa gevoer. Volgens hom het sy pa goed gelyk.

Hy sê met die verpleegpersoneel se aankoms omstreeks 08:15 by die saal het hulle groot geskrik toe hulle hom daar aantref.

“Ons as familie is gebroke. Daar is nie woorde om te beskryf hoe ek en die breër familie voel nie. My pa was ’n baie sterk mens, ons het glad nie sy afsterwe verwag nie.”

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het intussen gesê hulle beskou die video in 'n ernstige lig en het 'n taakspan aangestel om die voorval te ondersoek. 

* Die berig is aangepas met bykomende inligting nadat dit oorspronklik gepubliseer is. 

Meer oor:  Video  |  Hospitaal  |  Sterfte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.