Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KZN bekommerd dat vakansie tot meer gevalle kan lei

KwaZulu-Natal is bekommerd oor ’n moontlike styging in Covid-19-gevalle wanneer vakansiegangers die provinsie die komende skoolvakansie besoek.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal.

Sihle Zikalala, premier, het Sondag gesê dit is vir hom kommerwekkend dat die derde meeste gevalle van die virus tydens die derde vlaag in dié provinsie aangemeld is.

“Hoewel ons syfers wissel en ons nog nie die piek van die derde vlaag bereik het nie, is daar tekens van ’n volgehoue toename in infeksies,” sê Zikalala.

Volgens die premier is die tweede vlaag van die virus in die provinsie deur die skoolvakansie vererger. Hy vrees dat dit weer kan gebeur as die skole in Julie sluit.

“Ons verwelkom alle besoekers, maar doen ’n beroep op almal om te begryp dat ons aan die Covid-19-maatreëls moet voldoen. Almal moet meer waaksaam wees as voorheen.”

Volgens hom is die provinsie gereed wat die beskikbaarheid van hospitaalbeddens en suurstof betref, indien die derde vlaag sy piek sou bereik.

In die afgelope twee weke het die nuwe gevalle met 40% toegeneem. Daar is ook tien distrikte wat ’n groot toename in gevalle getoon het.

Volgens Zikalala sal die provinsie amptelik in ’n derde vlaag wees wanneer die nuwe gevalle oor ’n sewe-dae-tydperk met 20% styg.

Hoewel die provinsie die 10%-drempel op 9 Junie oorskry het, het dit op 10 Junie afgeneem. Op 15 Junie het die provinsie weer dié drempel oorskry, maar sedert 16 Junie bly dit daaronder.

Hy het ’n beroep gedoen op inwoners om ten strengste te hou by die voorkomingsmaatreëls.

Meer oor:  Sihle Zikalala  |  Kwa-Zulu Natal  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Vakansie  |  Covid-19  |  Infeksiekoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.