Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Laagste styging in Covid-19-gevalle sedert 2de vlaag begin

Suid-Afrika het Maandag sy laagste styging in Covid-19-gevalle sedert vroeg Desember aangemeld en byna die helfte minder as die vorige dag.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bekend gemaak dat Suid-Afrika se nuwe daaglikse koronavirusgevalle met 4 551 nuwe gevalle gestyg het.

Dít is die laagste styging sedert 8 Desember toe Suid-Afrika 4 011 nuwe gevalle aangemeld het.

Mkhize het die dag daarna op 9 Desember aangekondig dat die land amptelik in ’n tweede vlaag is, toe die koronavirusgevalle met 6 709 nuwe gevalle gestyg het.

Die tweede vlaag het in die Oos-Kaap en Wes-Kaap begin en Mkhize het gemeen daar is geen rede tot kommer nie, omdat die stygings in gevalle net in twee provinsies voorgekom het.

Die koronavirusgevalle het egter vinnig na Gauteng en KwaZulu-Natal versprei.

Die Oos-Kaap en Wes-Kaap, die aanvanklike brandpunte, het Maandag in vergelyking met ander provinsies van die minste nuwe gevalle aangemeld.

Die Oos-Kaap het saam met die Noord-Kaap met 124 nuwe daaglikse koronavirusgevalle die laagste nuwe styging aangekondig. Die Wes-Kaap het 235 nuwe gevalle aangemeld.

KwaZulu-Natal (1 573) en Gauteng (1 193) het steeds meer as ’n duisend nuwe gevalle elk aangemeld.

Mpumalanga het met 522 die derde meeste nuwe gevalle aangemeld.

Suid-Afrika se aktiewe gevalle (134 999) was ook gister die laagste sedert 28 Desember.

Dit is amper dieselfde getal as op 28 Desember (134 853).

Die meeste aktiewe gevalle is in KwaZulu-Natal (46 528), die Wes-Kaap (25 372), Gauteng (19 360), Noordwes (13 839) en die Vrystaat (10 101).

Die Oos-Kaap, wat vroeg in Desember ’n brandpunt was, het nou slegs 3 618 aktiewe gevalle.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê Suid-Afrika het gister ’n daling van 44,14% in sy daaglikse koronavirusgevalle aangemeld.

Die vorige dag (Sondag) is 8 147 nuwe gevalle landwyd aangemeld.

Meer oor:  Koronavirus  |  2De Vlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.