Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Lae vet of lae koolhidraat - dieet maak geen verskil

Daar is geen verskil in ’n dieet wat laag in vet is, teenoor een wat laag in koolhidrate is nie, het ’n jaar lange studie onder meer as 600 mense bevind.

En, nóg die mense – wat almal oorgewig was – se genetiese samestelling, nóg die hoeveelheid insulien wat hulle afgeskei het, het enige invloed gehad op hoeveel gewig hulle verloor het.

Dié bevindinge van die Universiteit van Stanford se Skool vir Geneeskunde in Kalifornië is pas in die vaktydskrif JAMA gepubliseer.

Die bevinding is dat nie een dieet konstant beter as ’n ander een is nie.

Sommige studies het al voorgestel dat mense se genetiese samestelling veroorsaak dat hulle makliker gewig verloor op sommige diëte as ander. Ander het al gesê dat die hoeveelheid insulien wat hulle afskei dit ook beïnvloed.

Die bevinding is dat nie een dieet konstant beter as ’n ander een is nie.

In hierdie studie is meer as 600 mense, die helfte mans en die helfte vroue, betrek. Hulle is verdeel in ’n groep wat ’n laevetdieet moes volg en een wat ’n laekoolhidraatdieet moes volg. Hulle moes dit vir ’n jaar lank volg, waarvan 20% dit nie kon volhou nie.

Daar was nie ’n beduidende verskil in hoeveel gewig die uiteindelike groep verloor het nie.

Dele van hul genetiese samestelling is ook ontleed, wat gekyk het na die metabolisme van vet en koolhidrate. Verder is hul insulien ook getoets en verskeie toetse is deur die jaar gedoen.

Prof. Christopher Gardner, die studieleier, sê die boodskap is dat die twee diëte gelyk is. Die les is om minder suiker, minder verfynde kosse en baie groente te eet.

“Aan albei kante het ons gehoor van die mense wat die meeste gewig verloor het, dat ons hulle gehelp het om hul verhouding met kos te verander en dat hulle nou meer dink oor wat hulle eet.”

Die gemiddelde gewigsverlies wat in die studie aangemeld is, was tussen 5,3 kg en 5,9 kg. Daar was egter ook iemand wat tot 25 kg verloor het en mense wat 5 kg opgetel het.

Meer oor:  Tim Noakes  |  Stanford  |  Gewigsverlies  |  Gesondheid  |  Laekoolhidraat  |  Dieet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.