Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Landbousektor ‘moet prioriteit vir Covid-inentings wees’

Boere en plaaswerkers is goed genoeg om kos te produseer en die winkelrakke vol te hou, maar nie goed genoeg om vir Covid-19-inentings te kwalifiseer noudat verskillende groepe geprioritiseer word nie.

Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap. Foto: Verskaf

Om dié rede doen Agri Wes-Kaap ’n beroep op die regering om ook inentings in die landbousektor te prioritiseer. Boere en plaaswerkers van 50 jaar en ouer word ook aangemoedig om hulle vir die inentings te registreer.

Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het Dinsdag gesê met die derde vlaag van infeksies wat kommerwekkend toeneem, moet mense onthou dit is nie net in stede waar mense onder die virus steier nie. Dit gebeur ook in landelike gebiede.

“Landelike gebiede is net so kwesbaar vir die virus. Ons het onlangs gesien hoe ’n hele dorpie, Kliprand in die Weskus-distrik, onder kwarantyn geplaas is en die negatiewe uitwerking wat dit op die plaaslike gemeenskap gehad het.”

Strydom het beklemtoon dat die landbousektor ongeag blootstelling aan die virus ’n groot verantwoordelikheid het om die land se voedselsekerheid te handhaaf, en sê Agri Wes-Kaap is teleurgesteld dat boere en plaaswerkers nie geprioritiseer is om die inenting teen Covid-19 te ontvang nie.

Hoewel die landbousektor tot noodsaaklike sektor verklaar is, is die sektor nie geprioritiseer vir Covid-19-inentings nie. Die landbousektor en landelike ekonomieë kan dit nie bekostig nie, sê Strydom.

Dit is nou sitrusseisoen en veral dié deel van die landbousektor is baie besig met werkers wat in pakhuise vrugte pak.

Strydom sê Agri Wes-Kaap sonder egter nie enige bedryf in die landbousektor uit nie en vra dat almal in die landbouwaardeketting in ag geneem word om as ’n prioriteit ingeënt te kan word.

Hy sê die landbousektor het mooi saamgewerk en gehou by die veiligheidsregulasies om die verspreiding van die virus te beperk. Al wat dié sektor nou vra, is dat die landbousektor ook vir die prioritisering van inentings in ag geneem word.

Meer oor:  Inenting  |  Boere  |  Entstof  |  Landbou  |  Plaaswerkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.