Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Leier van Al Jama-ah in hospitaal met Covid-19
Die president van Al Jama-ah en parlementslid Ganief Hendricks. Foto: Facebook/Ganief Hendricks

Die leier van die party Al Jama-ah en parlementslid Ganief Hendricks en sy vrou, Fatima, is positief vir die koronavirus getoets.

Hendricks is ook vir waarneming in die hospitaal opgeneem nadat hy simptome van Covid-19 getoon het.

Hy het op sy Facebookblad bevestig dat hy en sy vrou Woensdag positief getoets is.

“Dit is dag twee, nog ses dae om te gaan. My gesondheid is goed en ek is opgeruimd. My dokter is op die hoogte van sake, en mense se gebede en komplimente maak my 71 jaar die moeite werd. My vrou is in selfisolasie en dit gaan goed met haar,” lui die inskrywing.

Faried Achmat, sekretaris-generaal van die party, het gevra dat mense vir die gesin bid en hul privaatheid in hierdie tyd respekteer.

Meer oor:  Gesondheid  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.