Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Lesers vertel: Só maak ons in afsonderingstyd
Alex en Boris, Chantel Lilly van Bloemfontein se yorkshireterriërs, is vasgenael voor die gewilde TV-reeks ‘Grey’s Anatomy’.

Katte, honde, kinders en selfs ’n donkie vermaak en moet vermaak word terwyl almal in Jan Tuisbly se karretjie moet ry. Lesers vertel hoe hulle besig bly in die tyd van afsondering.

Michris Janse van Rensburg, ’n boer van Bultfontein wat wêreldbekende planters ontwerp, sê Jedri, sy seun, se motorbouplanne maak hom banger as die virus self.

“Die vakansie gaan lank wees, so ek hoop die man se plan werk.”

Saartjie, my bottelbaba-donkie, geniet dit baie. Ek noem dit ass kissing.
Chantel Lilly
Jedri Janse van Rensburg, ’n boerseun van Bultfontein, het besluit hy gaan sommer sy eie motor gedurende die skoolvakansie bou.

Liné Greyling, ’n Vrystaatse en Suid-Afrikaanse tennisspeler in gr. 10 by die Meisieskool Oranje in Bloemfontein, moet nou by die huis koek bak nadat twee groot toernooie in die skoolvakansie afgestel is.

Baie maak staat op reekse en televisie om die tyd te verwyl.

Carmen Martens van Pretoria het oplaas besluit sy gaan die gewilde TV-reeks Grey’s Anatomy van die heel eerste reeks se eerste episode af kyk. Alex en Boris, haar twee yorkshireterriërs, is deurentyd vasgenael saam met haar waar sy dit in haar woonvertrek op haar slimfoon kyk.

“Hulle is mal oor die dokters.”

Selfs donkies moet nou liefde kry.
Selfs donkies moet nou liefde kry.

Chantel Lilly van Bloemfontein sê sy probeer met die uitbreking van die virus in Bloemfontein om meer tyd saam met haar diere bestee.

“Saartjie, my bottelbaba-donkie, geniet dit baie. Ek noem dit ass kissing.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.