Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SOE ondersoek nou Life Esidimeni se tragedie

Die Presidensie het Donderdag aangekondig die Life Esidimeni-tragedie, wat al as die ergste menslike tragedie in postapartheid-Suid-Afrika beskryf is, deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek gaan word.

Pres. Cyril RamaphosaFoto: Getty Images

Minstens 144 pasiënte is dood nadat die Gautengse departement van gesondheid hulle in 2016 uit Life Esidimeni-klinieke na nieregeringsorganisasies (NRO’s) of staatshospitale verskuif het, waar hulle nie die nodige sorg ontvang het nie.

Die president het ’n proklamasie onderteken wat die SOE opdrag gee om die Gautengse departement van gesondheid se kontrak met Life Healthcare Esidimeni en die 28 entiteite in wie se sorg pasiënte geplaas is, te ondersoek.

Daar is bewerings van onreëlmatighede in verkrygingsprosedure aan die kant van die departement, wat die SOE nou kan ondersoek. Die ondersoekers gaan ook amptenare en werknemers van Life Healthcare Esidimeni ondersoek.

Ramaphosa het ook opdrag gegee dat Umgeni Water se wateraanleg in KwaZulu-Natal ondersoek word.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Life Esidimeni  |  Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.