Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Life Esidimeni: Selebano wens God het ingegryp

Hy wens God het ingegryp voor die Life Esidimeni-ramp, sê dr. Barney Selebano, geskorste hoof van die Gautengse departement van gesondheid.

Selebano het Dinsdag getuig voor die bemiddelingsverhoor wat deur afgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke gelei word.

Altesaam 143 psigiatriese pasiënte is dood nadat hulle uit Life Esidimeni-klinieke na onbevoegde en onwettige nieregeringsorganisasies oorgeplaas is.

Dr. Barney Selebano. Foto: www.health.gpg.gov.za

Volgens Selebano is die kontrak met Life Esidimeni opgeskort weens die groot finansiële druk waaronder die departement gely het.

Dit het die departement R320 per dag gekos om een pasiënt by Life Esidimeni te hou en R112 by ’n NRO.

“So na jou mening sou daardie bedrag (R112) dieselfde sorg verskaf het?” het adv. Adila Hassim, vir Section27, gevra.

Selebano sê die plan was vir pasiënte om na staatshospitale vir behandeling geneem te word en daarom sou dit nie nodig gewees het om baie professionele personeel soos by Life Esidimeni te vergoed nie.

Volgens Selebano was daar ’n voorstel dat die departement die Life Esidimeni-klinieke koop, maar dit was nie ’n formele voorstel nie.

Hy het by Life Esidimeni navraag gedoen om uit te vind hoeveel dit sou kos.

Volgens hom sou dit omtrent R110 miljoen gekos het.

Die departement kon dit bekostig, hoewel hy onder finansiële druk was.

Toe Moseneke hom vra hoekom die departement voortgegaan het met die oorplasings nadat kenners hulle oor die risiko’s gewaarsku het, het Selebano gesê hy wens

God het ingegryp en gesê: “Wees versigtig.”

Moseneke het Selebano gevra om daaroor te dink hoekom die kwesbaarste onder sy sorg as departementshoof opgeoffer is.

Hy verwag Woensdag ’n antwoord daarop wanneer die verhoor hervat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.