Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Listeriose nou ook in Namibië

Namibië het sy eerste geval van listeriose aangeteken, het Bernard Haufiku, minister van gesondheid, Dinsdag in die parlement aangekondig.

Hy het gesê ’n 41-jarige man veg om sy lewe in ’n hospitaal in Windhoek.

Volgens Haufiku word vermoed dat wors, wat die man by ’n slagter op Tsumeb, sowat 475 km noord van Windhoek, gekoop het, besmet was.

“Ons het reeds voorbereidings getref nadat ons van die voorkoms van die besmetting in Suid-Afrika gehoor het,” sê Haufiku.

Altesaam 183 mense het reeds in Suid-Afrika gesterf en 970 het die bakterie-infeksie opgedoen.

Namibië het verlede week die invoer van verwerkte vleis uit Suid-Afrika verbied nadat die Suid-Afrikaanse gesondheidsowerhede die spesifieke dodelike stam van die bakterie in die Enterprise-fabriek in Polokwane opgespoor het.

Enterprise is ’n handelsmerk van Tiger Brands, wat Vrydag gesê het dat ’n verslag deur die departement van gesondheid die teenwoordigheid van die LST6-stam van listeriose in sy Polokwane-fabriek bevestig het.

Die maatskappy het dié aanleg en sy Germiston-tak gesluit, duisende ton verwerkte vleis teruggeroep en ook versending na naburige lande gestaak. – Reuters

Meer oor:  Namibië  |  Windhoek  |  Listeriose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.