SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Gesondheid
Longontsteking eis talle babas in Kaapstad

Longontsteking is in 2018 by die Soutrivier-lykshuis in Kaapstad aangeteken as die oorsaak van dood van meer as die helfte van sterftes van kinders wat aan natuurlike oorsake buite hospitale dood is.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid waarsku Donderdag in ’n verklaring teen dié hoë voorkoms van longontsteking. Die Soutrivier-lykshuis bedien ’n groot gebied, insluitend suidelike en westelike woonbuurte soos Retreat, Lavender Hill, Wynberg, Masiphumelele, Houtbaai, Dunoon en so ver soos Mamre en Atlantis, asook Klipfontein en Mitchells Plain.

Die meeste van die kinders wat aan longontsteking sterf is babas van jonger as ’n jaar oud. Baie van die babas is prematuur gebore met ma’s wat enkellopend is, geen ondersteuning het en in informele nedersettings bly.

Die een groot oorsaak wat babas se groei en gesondheid benadeel is wanneer die verwagtende ma sigarette rook en mense in die direkte omgewing van die klein baba rook.

Dr. Kathryn Grammer, direkteur van gesondheid vir die suidelike en westelike dele van die Kaapstadse metropool, het ’n taakspan van ’n verskeidenheid gesondheidswerkers saamgeroep om ’n plan te beraam om die sterfte van kinders onder vyf jaar oud te verhoed.

Longontsteking word deur virusse en bakterieë veroorsaak, maar in baie van die kindersterftes is dit onduidelik wat spesifiek tot hul longontsteking gelei het.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê die belangrike boodskap wat aan die versorgers van die jong kinders oorgedra moet word, is dat longontsteking voorkom kan word. Die een groot oorsaak wat babas se groei en gesondheid benadeel is wanneer die verwagtende ma sigarette rook en mense in die direkte omgewing van die klein baba rook.

Mense moet bedag wees op die tekens van longontsteking soos ’n kind wat moeilik of baie vinnig asemhaal.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Kaapstad  |  Longontsteking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.