Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Los maar eerder daardie neussproei

Ontstuwingsmiddels vir ’n toe neus en antihistamiene moet nie vir kinders onder ses gegee word nie, en met omsigtigheid vir dié onder 12 jaar.

Dit is die bevinding van navorsing in die British Medical Journal waarin ouers aanbeveel word dat ’n verkoue in kinders onthutsend kan wees, maar die simptome sal ná ’n paar dae verdwyn.

Ontstuwingsmiddels vir ’n toe neus en antihistamiene moet nie vir kinders onder ses jaar gegee word nie, en met omsigtigheid vir dié onder 12. Foto: Pixabay

Daar word gewaarsku dat ontstuwingsmiddels wat ’n mens tipies in jou neus spuit, maar ook oraal kan inneem, of antihistamiene se veiligheid vir kinders onseker is. Maar in kinders van twee jaar en onder kan dit stuiptrekkings, ’n vinnige hartklop en die dood veroorsaak. Dit kan ook diarree veroorsaak.

“Nie een van die ander algemene behandelings wat ’n mens oor die toonbank kan koop, of tuisraad soos ’n warm vogsproeier, stoom, probiotika, kruie, bloekomolie, echinacea, vitamiene of ’n analgetikum word gesteun deur voldoende bewyse nie.”

Indien ouers iets aan jong kinders wil bied, is die enigste wat veilig bewys is ’n soutoplossing, wat ’n mens koop, maar dit kan dalk nie die effek hê wat mense verlang of verwag nie.

Om die bors in te smeer met middels kan dalk verligting bring, maar dit kan ’n veluitslag veroorsaak.

Daar is nie ’n kuur of oplossing vir verkoue nie, dit is ’n siektetoestand wat neig om spontaan te genees, sonder drastiese terapeutiese ingrepe.

Selfs vir volwassenes is daar nie ’n bewese oplossing vir verkoues nie. Hulle kan tussen drie en sewe dae ’n sproei of pil neem vir ’n toe neus, maar indien ’n mens dit te lank neem, kan jou neus chronies geblok wees wat moeilik is om te behandel.

Die studie sê wel dat ontstuwingsmiddels – met of sonder antihistamiene – of pynmedikasie ’n “klein effek kan hê op nasale simptome”.

Maar dit kan ’n mens lomerig maak of jy kan sukkel om te slaap, en jou selfs diarree en ’n kopseer gee.

Daar word voorts gesê ander behandelings is of nie effektief bewys in kliniese studies nie, of is hoegenaamd nie bestudeer nie. Dit sluit kruiemiddels en vitamiene in.

Meer oor:  Neussproei  |  Sinus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.