Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
LUR luister na verpleegsters se griewe

Die Vrystaatse LUR vir gesondheid het Dinsdag verpleegsters in die kraamafdeling van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein besoek om na hul griewe te luister.

Montsheng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, praat Dinsdag met verpleegsters in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein voordat sy na hul griewe luister. Foto: André Damons

Dit kom nadat dié verpleegsters Maandag aan ’n onwettige staking deelgeneem het.

Montsheng Tsiu, nuwe LUR vir gesondheid, het Dinsdag ’n handjievol verpleegsters toegespreek voordat sy geluister het na die probleme wat hulle ervaar.

Van die verpleegsters se griewe sluit in dat hulle oorwerk is omdat daar te min verpleegsters is om die werk te doen.

Daar was ook klagtes dat sale wat slegs 20 beddens bevat, meer pasiënte huisves.

Tsiu het die verpleegsters aangesê om nie aan onwettige stakings deel neem nie, want dit kan daartoe lei dat mense hul werk verloor.

“Jy het die reg om te staak, maar gaan kyk eers wat sê die arbeidswette. Daar is wette in die land. Julle het geldige kwessies, maar moenie dat mense julle misbruik nie,” het sy gesê.

Tsiu het gesê sy besoek Pelonomi om na die werkers te luister en hulle aan te moedig om te volhard in hul harde werk.

“Die kwessies wat hulle ophaal, is geldig. Die Pelonomi-hospitaal is ’n tersiêre hospitaal en mense word van die Noord-Kaap en Lesotho hierheen verwys.

Montsheng Tsiu spreek die verpleegsters toe. Foto: André Damons

“Ons het ’n tekort aan personeel. Verpleegsters wat weg is, se poste is nooit gevul nie. Die pasiënte moet verwys word hierheen, maar mense kom hier ingestap en hulle kan nie weggewys word nie. Almal word gehelp,” sê sy.

Volgens Tsiu oorweeg die nasionale tesourie tans 73 poste wat haar departement hoop om te vul sodat die druk op verpleegsters verlig kan word.

Sy het gesê sy is tevrede met die uitkoms van die vergadering.

“Ons moet met die bestuur vergader en terugvoering gee.” Daar moet ook aandag gegee word aan die bevordering van personeel.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.