Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
LUR simpatiseer ná dood van 2 pasiënte in Paarl
Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid.Foto: Deaan Vivier

Die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid sal die gesinne van twee mans wat by die Paarl-hospitaal dood is, Sondag besoek.

Die departement het die families van die pasiënte ontmoet en bied ondersteuning aan personeel, luidens ’n verklaring.

Dit volg nadat ’n 43-jarige man van Paarl-Oos Saterdagoggend dood is toe hy van die sesde verdieping van die hospitaal gespring en op die dak van die tweede verdieping geval het.

Nog ’n man het hom na bewering Vrydagaand daar opgehang. Sy ouderdom is nog nie bekend nie.

Die polisie het vroeër bevestig dat dossiere vir geregtelike doodsondersoeke geopen is.

Intussen sal Nomafrench Mbombo, LUR vir gesondheid, Sondag die gesinne besoek.

“Die Wes-Kaapse departement van gesondheid wil graag ons innige meegevoel betoon aan die families ná die dood van die twee pasiënte,” sê Colleen Smart, woordvoerder van Mbombo.

In November 2017 is ’n 50-jarige man wat glo kanker in ’n gevorderde stadium gehad het, ook dood by dié hospitaal nadat hy by die sesde verdieping uitgespring het.

’n Maand voor dit is die lyk van ’n 61-jarige man in die dak van die provinsiale hospitaal in Stellenbosch gevind sowat twee weke nadat hy glo uit een van die sale verdwyn het.

Meer oor:  Paarl-Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.