Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
LUR sterf aan Covid-19

Gordon Kegakilwe (53), LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake in Noordwes, is Maandag aan Covid-19 dood.

Job Mokgoro, premier van Noordwes, het Maandagaand in ’n verklaring gesê Kegakilwe is Sondagmiddag in die Vryburg- private hospitaal opgeneem weens Covid-19-verwante longontsteking en is dadelik op suurstof geplaas.

Gordon Kegakilwe

Daarna is besluit om hom Maandagoggend na ’n mediese fasiliteit in Klerksdorp oor te plaas.

“Hy is in die ambulans van Vryburg na Klerksdorp vervoer en met sy aankoms in Klerksdorp het sy hart gaan staan. Ondanks al die pogings van die mediese personeel om hom by te bring het hy dit nie gemaak nie,” sê Mokgoro.

Mokgoro het namens die mense van Noordwes en die provinsiale regering sy meegevoel aan die familie en vriende van Kegakilwe betuig. Hy het bygevoeg dat Kegakilwe hom “as een van die beste uit die regerende ANC se geledere onderskei het en hy was ’n beproefde leier”.

Intussen het Tasneem Motara, Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, positief getoets vir Covid-19, berig News24. Sy het Vrydag haar uitslae gekry en sal 14 dae in isolasie wees, volgens haar woordvoerder Thabo Masebe.

“Die Gautengse uitvoerende raad, onder leiding van premier David Makhura, en die hele provinsiale regering in Gauteng wens LUR Motara ’n vinnige herstel toe en sien uit na haar terugkeer in die komende weke,” sê Masebe.

Motara sê op Twitter sy het haar sin vir smaak en reuk verloor en dat dit onder omstandighede nie ’n slegte ding is nie.

“Ek drink die slegste konkoksies wat my help om te herstel. Maar ek kan niks proe nie,” twiet sy.

Meer oor:  Gordon Kegakilwe  |  Klerksdorp  |  Noordwes  |  Sterfte  |  Lur  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Longontsteking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.