Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
LUR veroordeel Cele se ‘magsvertoon’ by strande

Bheki Cele, minister van polisie, se obsessie om “misdadigers” op strande regoor die Wes-Kaap te vervolg, is niks anders as magsvertoon nie.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, glo die mediatoer waarop Cele die afgelope paar weke was, maak dit baie duidelik dat die minister se aandag daarop gevestig is om eerder branderplankryers as misdadige bendelede op die Kaapse Vlakte en in talle ander gemeenskappe oor die land heen, vas te vat.

“Die Wes-Kaapse regering glo in die wette van die land en dat reëls nagekom moet word, al stem landsburgers nie altyd daarmee saam nie,” sê Fritz.

’n Lid van die Kaapstad-metropolisie vergesel vroeër ’n vrou wat strydig met die inperkingsregulasies op die strand was. Foto: Jenna Lemmer

Volgens hom is Cele se “tonnelvisie en obsessie met strande” deur sy onlangse opmerkings in die openbaar bevestig. Veral met sy verwysing na die ontplooiing van die weermag in die Tuinroete – nadat hy self bevestig het dat die nakoming van die reëls hier verbeter het.

“Ek is regtig bekommerd dat minister Cele se mediateenwoordigheid ’n beplande poging is om die aandag af te lei van die ware misdaadgebiede en die behoefte aan wetstoepassing en beskerming daar,” sê hy.

“Dit sal die minister goed doen om sy aandag te verskuif na die ware misdaadgebiede. Daar is so baie gemeenskappe wat sukkel met gewelddadige misdaad.”

Fritz sê hy sal sy besware direk aan die minister voorlê.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Bheki Cele  |  Covid-19  |  Strande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.