Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Lyke glo langs pad in O-Kaap gelos weens staking

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het gerugte ontken dat lyke sedert Vrydag langs die provinsie se paaie gelos word terwyl werknemers van die provinsiale patologiediens staak.

Die lyke van mense wat in padongelukke dood is, is volgens Jane Cowley, die DA se woordvoerder oor gesondheid in die provinsie, ure lank langs paaie in die Butterworth-distrik, asook in die Buffalo-stad-metro gelaat.

“In een voorval is ’n persoon wat Vrydagaand in ’n motorongeluk dood is, se lyk eers Saterdagmiddag opgetel,” het Cowley beweer.

Die staking van patologiewerkers volg nadat hulle glo sedert April op betaling vir oortydwerk en bystand van die gesondheidsdepartement wag.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement, het bevestig die werkers staak weens oortydgeld, maar wou nie kommentaar lewer oor bewerings dat die departement die werknemers reeds maande se geld verskuldig is nie.

“Die saak word intern hanteer,” het hy gesê.

Hy het verder ontken dat enige lyke langs die pad gelos is. Volgens hom is ’n ooreenkoms met private begrafnisondernemers aangegaan om in te tree terwyl die staking voortduur.

Cowley het intussen aan Sindiswa Gomba, LUR vir gesondheid, geskryf en dringende ingryping gevra rakende met kwessie van onbetaalde oortydgeld.

“Die voortgesette wanbestuur van personeel en finansies in die departement (van gesondheid) spreek boekdele van die gebruik van kaders wat nie die werk kan doen wat nodig is om die departement funksioneel te hou nie,” sê Cowley.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.