Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Makhura wil dienste by hospitale, klinieke opskerp

Openbare klinieke in Gauteng sal binne die volgende vyf jaar vir 24 uur per dag oop wees om mense te help.

Gauteng Premier David Makhura
David Makhura

Dit was een van die beloftes wat David Makhura, premier van Gauteng, Maandag gemaak het in sy provinsiale rede.

Makhura, wat sy rede op die Soweto-kampus van die Universiteit van Johannesburg (UJ) gelewer het, sê dit sal eersdaags verpligtend wees vir Gauteng se 32 gemeenskapsklinieke om 24-uur-diens te lewer.

“Die bestuurspanne van ons klinieke, gemeenskapsgesondheidsentrums, streeks- en distriksgesondheidsgeriewe sal bemagtig word met hulpbronne en besluitnemingsmagte sodat hulle pasiënte van sorg kan bedien sonder burokratiese rompslomp,” sê Makhura.

“Ons sal ook verseker dat al 32 klinieke in Gauteng binne vyf jaar 24-uur-diens lewer. Tans bied net die helfte van hulle dit aan.”

Makhura het in sy rede die provinsie se hospitale en klinieke uitgelig wat die swakste diens lewer. Hy sê daar is persepsies dat die provinsie se openbare hospitale “lykshuise” is.

Die hospitale wat die swakste presteer, is Mamelodi, Sebokeng, Bheki Mlangeni en Jubilee. Makhura sê die hospitale sal geprioritiseer word om dienste binne die volgende jaar te verbeter.

Hy sê dr. Bandile Masuku, Gauteng se LUR vir gesondheid, sal binne 100 dae ’n plan voorlê oor hoe dienste by dié vyf hospitale en klinieke verbeter kan word.

Meer oor:  David Makhura  |  Gauteng  |  Hospitale  |  Provinsiale Rede  |  Klinieke  |  Gesondheid  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.