Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Man (86) dood nadat hy ‘virus by kitsbank kry’
Marinda Hoffman (82) van Huis Vergesig in Zastron en haar dogter, Hermien Cronjé, het gedurende die inperking deur die heining van die ouetehuis gekuier. Marinda se man, Hagie (86), is Maandag dood nadat hy die virus vermoedelik by ’n kitsbank gekry het. Sy is ook positief getoets vir die virus. Foto: Verskaf

Pasop vir kitsbanke, waarsku die weduwee van ’n inwoner van ’n Vrystaatse ouetehuis wat dood is ’n week nadat hy die koronavirus vermoedelik by ’n kitsbank gekry het.

Hagie Hoffman, ’n inwoner van Huis Vergesig in Zastron, is Maandag – twee dae ná sy 86ste verjaardag – in hul woonstel daar dood.

Marinda, sy weduwee wat ook positief getoets het, sê hy het self uitgewerk dat hy die virus verlede Maandag by ’n kitsbank op die dorp gekry het. Dit was die eerste keer sedert 26 Maart verlede jaar toe die inperking begin het dat hulle uit die ouetehuis was.

Sy sê hy het die Maandag gaan geld trek en Donderdag siek gevoel. Saterdag het die dokter gebel en bevestig hy is positief vir die koronavirus getoets en hy is nou Maandag dood.

“Ons het die oggend vroeg wakker geword. Ek het vir hom gesê dit is nog vroeg, ek gaan weer lê. Hy het in die sitkamer gaan sit. Toe ek later by hom kom, het hy tjoepstil op die bank gesit. Sy neus was toe al yskoud. Sy pen, horlosie en bril het netjies voor hom op die tafel gelê waar hy dit neergesit het.”

Sy sê hy was Vrydag so siek dat ’n kaart uit sy hand geval het. Baie mense het hom telefonies gelukgewens met sy verjaardag, maar gelukkig het sy daarteen besluit om sy seun, Hagie jr., te nooi om van Kroonstad vir hom te kom kuier, anders het hy dalk ook aangesteek.

“Mense moet oppas vir kitsbanke en altyd handreiniger gebruik. Hy het self uitgewerk dit is waar hy die virus moes aangesteek het. Dit was die eerste dag wat ons sedert die inperking begin het, uit die ouetehuis was.”

Sy is intussen ook positief getoets en is ook siek. Sy sukkel om te praat.

• Banke beveel aan dat inwoners die oppervlak van kitsbanke ontsmet as hulle dit gebruik en dadelik daarna weer hul hande was en ontsmet.

Meer oor:  Vrystaat  |  Zastron  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Kitsbanke  |  Tweede Vlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.