Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Man ‘nié aan koronavirus in Kaapse hospitaal dood’

Dit is onwaar dat ’n pasiënt Vrydag in die Mediclinic Louis Leipoldt in Bellville aan die nuwe 2019-koronavirus (2019-nCoV) dood is, sê die hospitaal en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

“Mediclinic kan bevestig dat ons geen bevestigde geval van die koronavirus het nie,” lui ’n verklaring van die hospitaalgroep.

Tot dusver is 56 individue vir die koronavirus in Suid-Afrika getoets, en almal was negatief, sê Sinenhlanhla Jimoh, woordvoerder vir Nios.

“Ons wil mense die versekering gee dat MediClinic, in samewerking met Nios en die nasionale departement van gesondheid, die nodige maatreëls getref het om pasiënte met die (spesifieke) simptome te bestuur en om die moontlike oordrag van die virus in ons fasiliteite te voorkom,” sê die hospitaalgroep.

Die gerugte het op sosiale media ontstaan nadat ’n middeljarige man dood is. Hy het vir ’n internasionale maatskappy in Kaapstad gewerk wat bande met China het.

Die man sou glo die siekte aangesteek het by ’n Chinese kollega van hom wat onlangs in China was.

Daar word ook beweer dat die man reeds die virus gehad het terwyl hy op die Bok Radio-vaart – die sogenaamde “BokBoot” – op die MSC Orchestra-passasierskip was. Hy het glo egter rondom 1 Februarie siek geword terwyl dié bootreis reeds op 21 Januarie weens sterk wind geëindig het.

Meer oor:  Kaapstad  |  Negatief  |  Hospitaal  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.