Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Man waarsku ander ná hy Covid-19, koma oorleef

Covid-19 is nie speletjies nie en mense moet mekaar daarteen beskerm.

So sê Jaco Versfeld, ’n administratiewe klerk by die Kraaifonteinse gemeenskapsgesondheidsentrum in Kaapstad. Hy is onlangs ontslaan nadat hy sewe weke lank vir Covid-19 en in ’n koma in die hospitaal was.

Volgens hom het gebed, video-oproepe en die begeerte om weer sy geliefdes te sien hom deurgedra.

Jaco Versfeld, sy vrou, Leona, en hul seun, Jacques, toe hy uit die hospitaal ontslaan is.

Versfeld het laat in Januarie Covid-19-simptome getoon en hy en sy vrou, Leona, is positief vir die virus getoets.

Volgens Versfeld het hy op 28 Januarie vir sy vrou gesê hy sukkel om asem te haal.

“Ek het vir haar gesê ek gaan hospitaal toe. Daar het hulle gevind dat my suurstofvlak te laag is.”

Personeel van die Kraaifontein-gemeenskapsgesondheidsentrum het Jaco Versfeld buite die Mediclinic Cape Gate verras toe hy ontslaan is.

Hy is oorgeplaas na die Mediclinic Cape Gate, waar hy uiteindelik sewe weke lank was. Hy was ook byna drie weke lank in ’n koma en op ’n ventilator.

Volgens hom is sy herstel ’n “wonderwerk”.

Hy wil ingeënt word sodat hy nie weer so siek word indien hy weer Covid-19 opdoen nie, en het mense aangemoedig om hulle ook te laat inent.

Lede van die Kraaifontein-gemeenskapsgesondheidsentrum buite die Mediclinic Cape Gate.

Versfeld moedig mense aan wat die Paasnaweek na hul families gaan om maskers te dra, hul hande te was en ’n gesonde afstand te handhaaf.

“Ek dink ons moet eintlik sê: ‘Dra jou masker namens iemand anders.’ Covid-19 raak ons almal.

“My boodskap is: Bly nou by die huis sodat ons later meer kan kuier, of sien my nou minder sodat jy my later meer kan sien. Ons moet mekaar teen die virus beskerm.”

Meer oor:  Kraaifontein  |  Oorleef  |  Waarsku  |  Covid-19  |  Koma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.