Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Mantashe-egpaar toets albei positief vir Covid-19

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, en sy vrou, Nolwandle, is positief vir die koronavirus getoets.

Mantashe het luidens ’n verklaring deur die presidensie die toetsuitslae gister ontvang. Dit was sy derde stel toetse sedert die uitbreek van die virus.

“Die minister en sy vrou is tans in isolasie en hy sal voortgaan om sy werk van die huis af te verrig.”

Ander hooggeplaastes wat ook onlangs positief getoets is, is die premiers David Makhura, Alan Winde en prof. Job Mokgoro. Volgens die departement van gesondheid het Suid-Afrika teen gisteraand 298 292 gevalle en 4 346 sterftes gehad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.