Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Maskers moenie vals gevoel van beskerming gee’

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Vrydag sy riglyne vir die bekamping van die koronavirus opgedateer met ’n versoek aan regerings om mense te vra om gesigsmaskers in openbare plekke te dra.

Studies die afgelope paar weke toon dat ’n gesigsmasker een van vele maniere is om die risiko vir die virale oordrag van die virus te verminder, maar dit moenie aan mense ’n vals gevoel van beskerming gee nie, sê die WGO.

“ ’n Masker op sy eie sal jou nie teen Covid-19 beskerm nie,” het, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die WGO se hoof, Vrydag op ’n inligtingsessie aan verslaggewers gesê.

Studies die afgelope paar weke toon dat ’n gesigsmasker een van vele maniere is om die risiko vir die virale oordrag van die virus te verminder, maar dat dit nie ’n vals gevoel van beskerming aan mense moet gee nie, sê die WGO. Foto: Reuters

Maria Van Kerkhove, ’n kundige oor Covid-19 by die WGO, het ook in ’n Reuters-onderhoud gesê: “Ons raai regerings aan dat die algemene publiek almal ’n masker dra. En ons spesifiseer ’n masker van lap, dit wil sê ’n nie-mediese masker. Uit nuwe navorsingsbevindings is dit duidelik dat dit help om die besmetting van druppels te voorkom as dit op die korrekte wyse gedra word.”

Terwyl Amerika en sommige lande die dra van gesigsmaskers in die openbaar aanbeveel of daaroor opdrag gegee het, het die WGO voorheen gesê daar is nie genoeg bewyse vir of teen die gebruik van maskers vir gesonde mense in die breër gemeenskap nie.

Die WGO het altyd aanbeveel dat mediese maskers gedra moes word deur mense wat siek is en diegene wat hulle versorg.

Die Britse regering het aangedui dat gesigsmaskers van 15 Junie af verpligtend sal wees vir passasiers wat met busse, treine, vliegtuie en veerbote in Engeland reis. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.