Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Massa-toetsing nodig in Gauteng’

Massa-toetsing vir die koronavirus moet binnekort weer in gemeenskappe gedoen word – veral in Gauteng.

Dit is wat Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, Donderdag aan die portefeuljekomitee oor gesondheid gesê het terwyl die land ’n derde vlaag van infeksies beleef.

Sy het Suid-Afrikaners versoek om intussen streng te voldoen aan die nie-farmaseutiese gesondheidsmaatreëls, soos die dra van maskers, handhawing van ’n gesonde afstand en ontsmetting van hande.

“Toe ons Gauteng besoek het, het ons ook benadruk dat ons weer die massa-toetsing van mense in gemeenskappe daar wil sien vanweë die lesse wat ons uit die eerste en tweede vlaag geleer het.”

Fopnuus en waninligting oor inentings moet teengewerk word.

Volgens haar het sy onlangs met die LUR’e vir gesondheid van al die provinsies vergader, waartydens dit benadruk is dat kliniese metodes ook van kritieke belang bly. “Dit is toetsing, opsporing, isolasie en behandeling.

“Ons monitor deurgaans die beskikbaarheid van hospitaalbeddens en van voorrade soos suurstof, en so meer.”

Volgens haar meen die LUR’e dat dit tans nog voortydig is om veldhospitale op te rig, veral omdat dit nie in die eerste en tweede vlaag volledig gevul was nie. “Ons sal daarom vir eers die kapasiteit van private en openbare hospitale monitor.”

Kubayi-Ngubane sê daar is ook erge kommer oor die stadige pas waarteen mense ouer as 60 hulle registreer om ingeënt te word.

“As ’n mens na Statistieke Suid-Afrika se syfers kyk oor hoeveel mense ouer as 60 daar in die land is, is dit amper 5,5 miljoen. As ons na ons jongste registrasie- en inentingsyfers kyk, sien ons dat ons nog nie eens op 60% van daardie getal is nie. Dit bekommer ons.”

Volgens haar wys navorsing dat baie mense steeds bang is om ingeënt te word weens fopnuus en waninligting daaroor. “Dit moet teengewerk word sodat die publiek deur ons boodskappe die waarheid ontvang.”

Gemeenskapsgesondheidswerkers sal binnekort in sommige provinsies ook huise besoek en mense ouer as 60 vir inentings registreer.

Meer oor:  Mmamoloko Kubayi-Ngubane  |  Gauteng  |  Virus  |  Toetse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.