Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Maties help in Tygerberg-hospitaal om korona te bestry
’n Man spuit handreiniger op iemand anders se hande by die ingang van Tygerberg-hospitaal. Foto: Jaco Marais

Honderde studente van die Universiteit Stellenbosch (US) se Tygerberg-kampus het nie met vakansie gegaan toe die universiteit in Maart ’n vroeë reses weens die staat van inperking aangekondig het nie.

In plaas daarvan het voorgraadse studente aan die US se fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe besluit om te help om die koronavirus te bekamp.

Altesaam 70 studente werk tans in die Tygerberg-hospitaal se koronavirus-siftingsarea. “Hulle doen alles, van onderhoude met pasiënte wat ondersoek word tot administratiewe take,” sê dr. Suretha Kannenberg, ’n dosent in dermatologie. Sy help tans om vrywilligerdienste by die fakulteit en die Tygerberg-hospitaal te bestuur.

Nog 20 studente spuit ontsmettingsmiddel op mense se hande by die hospitaal se vier hoofingange.

Altesaam 15 studente werk in die sentrum vir kontak-opsporing op die Tygerberg-kampus waar hulle mense telefonies help soek wat in kontak met positiewe mense was, en nog 115 studente help met die nasionale Covid-19-hulplyn.

In die afdeling interne geneeskunde help 70 studente met die daaglikse funksionering van die hospitaal.

70 studente werk tans in die Tygerberg-hospitaal se koronavirus-siftingsarea.

“Dit is senior studente wat dinge doen soos om bloed te trek en druppe te gee, take wat hulle in elk geval as deel van hul kliniese opleiding sou verrig,” sê Kannenberg.

Studente versamel ook data en statistiek vir die afdeling vir epidemiologie en biostatistiek aan die fakulteit in, terwyl ander data in die afdeling vir mediese virologie insamel.

Die studentevrywilligers word voorsien van opleidings- en beskermingsapparaat. Hulle kry griepinentings voordat hulle in die hospitaal mag werk en werk onder toesig van senior gesondheidsorgpersoneel.

“Ek wou bly en ’n verskil maak en help waar ek ook al kon,” sê Cameron Fourie, ’n mediese student in sy tweede jaar, wat nou in die Covid-19-opsporingsentrum op die Tygerberg-kampus werk. Fourie is een van ongeveer 360 studentevrywilligers.

“Ek het nooit ‘besluit’ om ’n vrywilliger te wees nie. Ek het ‘geweet’ dat ek daar wil wees en help,” sê Elsjé-Marie Geldenhuys, ’n mediese student in haar sesde jaar. “As toekomstige gesondheidsorgwerkers is dit in ons aard om te help – dit is wie ons is.”

Sherylin Marshall, ’n studente-intern, stem saam: “Vrywillige werk is die natuurlikste ding om te doen. Ek het regtig gevoel dat ek wil bly en help – veral as ons so ’n groot gesondheidskrisis ondervind.”

Marshall help pasiënte in die afdeling vir interne geneeskunde van die Tygerberg-hospitaal, wat meer dokters en verpleegkundiges toelaat om aan Covid-19-pasiënte aandag te gee.

“Die studente doen dit uit hul eie wil,” sê Kannenberg. “Die hospitaal en die universiteit het nooit hulp gevra nie, hulle het dit net op hulself geneem en ons is so dankbaar vir hul hulp. Die studente is professioneel en gretig om te help.”

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Maties  |  Covid  |  Koronavirus  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.