Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Mbalula verslap reëls oor taxi’s en busse ná versoeke
taxis
’n Polisieman praat Vrydag in Alexandra, Johannesburg, met die bestuurder van ’n minibustaxi terwyl ’n soldaat toekyk. Foto: Felix Dlangamandla

Minibustaxi’s en busse sal van Maandag tot Vrydag toegelaat word om van 05:00 soggens tot 20:00 saans sake te doen, het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Sondagmiddag bekend gemaak.

Die toegewing kom in die lig daarvan dat baie werkers eers Maandag en Dinsdag salarisse kry en maatskaplike toelaes ook dan betaal word.

Aanvanklik is bepaal dat busse net ’n paar uur soggens en ’n paar uur laatmiddag en vroegaand gedurende die staat van inperking in bedryf kon wees.

Mbalula sê in die verklaring hy het besluit om die bedryfsure van openbare vervoer te verleng nadat hy deur verskeie vervoerorganisasies en Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, versoek is om dit te doen.

Die nuwe reëling dat openbare vervoer tussen 5:00 soggens en 20:00 saans passasiers mag vervoer, sal veral die mees kwesbare mense in die gemeenskap help, sê Mbalula.

Hy sê die reëling dat die getal passasiers per voertuig beperk word en dat daar ’n gesonde afstand tussen die passasiers moet wees, geld steeds.

Die taxi’s mag net 60% vol wees.

Die minister wys daarop dat mense wat maatskaplike toelaes ontvang, hul identiteitsdokumente en kaarte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) by hulle moet hê wanneer hulle van openbare vervoer gebruik maak.

Dit sal help om wetstoepassing te vergemaklik.

Mbalula het Vrydagaand op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê alle minibustaxi’s moet ná elke rit met ’n kiemdodende middel behandel word. Taxistaanplekke moet ook deurentyd skoongemaak en ontsmet word.

Water en seep is by taxistaanplekke beskikbaar gestel vir taxibestuurders en passasiers om hul hande mee te was.

In ’n poging om die taxibedryf te help, sal taxi-eienaars wie se taxi’s deur die Small Enterprise Finance Agency (Sefa) gefinansier word, nie vir die volgende drie maande hul paaiemente betaal nie. Kommersiële banke oorweeg dieselfde reëling, het Mbalula gesê.

“Dit is ’n groot uitdaging vir taxi’s om te ry met net 60% van die plekke gevul. Die inperking beïnvloed taxibase se winste.

“Daarom het ons besluit om met die taxibase te praat. Ons dring daarop aan dat hulle moet hou by regulasies oor die afstand tussen mense in taxi’s en busse wanneer hulle mense na werkplekke vervoer

“Veral in KZN en Gauteng. Ons moet verseker dat mense by die huis kom en dat hulle vervoer word. Ons praat met die LUR’e in die nege provinsies om toe te sien dat die regulasies afgedwing word,” het Mbalula gesê.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Taxibedryf  |  Busse  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.